Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Dierefisiologie

Fisiologiese navorsing fokus op die invloed van bestuur op die optimale werking van beide die voortplanting- en spysverteringstelsels, met beide sisteme wat optimaal moet funksioneer om winsgewende diereproduksie in kleinskaalse en kommersiële sisteme te verseker. Navorsing fokus op die interaksie tussen voeding en voortplanting, en die gebruik van ondersteunende reproduksietegnieke wat gebruik kan word as deel van bestuursprogramme om diereproduksie te optimaliseer en so die kostedoeltreffende bestuur van kommersiële stelsels moontlik te maak. Navorsing poog ook om die ondersteunende reproduksietegnieke meer toeganklik vir opkomende en kommersiële produsente. Die gebruik van in vitro geproduseer embrio's om vinnige genetiese vordering in melk- en vleisbees kuddes moontlik te maak en sodoende die koste-effektiwiteit van melkproduksie stelsels te verbeter. Die gebruik van in vitro geproduseerde embrio's kan potensieel ook bydra om die omgewingsimpak van melkbees stelsels te verlig.