pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

nagraadse Studies​​

     SKOOL VIR DATAWETENSKAP EN REKENAARDENKE​​





​Die toekoms draai om data – en die Universiteit Stellenbosch is oorgehaal om Suid-Afrika se mededingendheid in die Vierde Nywerheidsrevolusie te verhoog.​

Kunsmatige intelligensie, robotika, die Internet van Dinge, outonome voertuie, driedimensionele drukwerk, presisiegeneeskunde en kwantumberekeninge beloof om alle aspekte van die samelewing radikaal te verander. Hierdie ontwikkelings berus alles op die snel ontwikkelende gebiede van datawetenskap en rekenaardenke.

Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke by die Universiteit Stellenbosch beoog om ’n wêreldklasinstelling vir datawetenskap en rekenaardenke ín en vír Afrika te wees. Dit fasiliteer niekonvensionele kruisfakulteitsbenaderings tot onderrig en navorsing oor datawetenskap en rekenaardenke op ’n interdissiplinêre manier. Aktiwiteite strek oor die ganse akademiese projek, van voor- en nagraadse opleiding tot navorsing en spesialiskonsultasie.

​Die Skool bied ’n platform vir samewerkende leer en navorsing sowel as die skep van kennis, idees, toepassings en produkte.

​ ​Programaanbod​

Aansoekproses