Welkom by Universiteit Stellenbosch se Menslike Hulpbronne Afdeling
Die MH-afdeling fokus op professionele en vaartbelynde dienslewering
tot voordeel en ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch se
strategiese inisiatiewe, waaronder die optimale ondersteuning van die
bestuur van sy mensekapitaal.
MH streef ook voortdurend daarna om ‘n professionele konsultasiediens aan alle personeellede te lewer.