SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​Diploma in Volhoubare Ontwikkeling 

Hierdie omvattende driejarige voorgraadse program rus studente toe met gefokusde kennis van en praktiese vaardighede in volhoubaarheid en sosiale entrepreneurskap.

Volhoubaarheid en entrepreneurskap vir sosiale en ekologiese geregtigheid

Die wêreld ondergaan tans beduidende transformasies wat gevorm word deur ontwrigtings soos kunsmatige intelligensie en globale uitdagings soos klimaatsverandering en pandemies. Hierdie Diploma help om jou voor te berei op die snel veranderende “toekoms van werk" met teoretiese kennis van en praktiese vaardighede in:​

  • metodologieë vir volhoubaarheidsontwerp,
  • ekologiese intelligensie en sisteemdenke,
  • fasilitering en leierskap,
  • kleinsakebestuur,
  • sosiale entrepreneurskap,
  • strategiese kommunikasie en aanbiedings, en
  • volhoubaarheidsverslagdoening.

Die geïntegreerde modules in hierdie program sal jou entrepreneuriese en intrapreneuriese vaardighede help opbou, wat jou bemagtig om jou eie geleenthede te skep of innovasie binne gevestigde organisasies voort te stu.

​Die geïntegreerde modules in hierdie program sal jou entrepreneuriese en intrapreneuriese vaardighede help opbou, wat jou bemagtig om jou eie geleenthede te skep of innovasie binne gevestigde organisasies voort te stu.

Werklikheidsgetroue leerervarings en aktiewe leer

Ons praktykshub vir leer in lewende lywe is by die Volhoubaarheidsinstituut in die ekodorpie by Lynedoch. Ons maak, deur middel van plekgebaseerde leer en velduitstappies, aktief kennis met gebeurlikhede in die werklike wêreld. Omdat jy by wyse van projekte, simulasies en eerstehandse ervaring leer, strek jou leer verder as die klaskamer, na sfere waar verandering werklik plaasvind. Meeste klasse in jou eerste jaar word by Lynedoch aangebied. In Jaar 2 en Jaar 3 vind meeste klasse op Stellenbosch hoofkampus plaas, maar ons gaan gereeld terug Lynedoch vir sekere sessies. 

Kyk die video's hier onder om 'n indruk van ons leerruimtes en onderrigbenadering te vorm. 

Gemeenskap vir verandering

Leer by ervare fasiliteerders, kundige gasdosente en jou portuurgroep wat hulle uiters waardevolle insigte en ervarings op die tafel kom sit. Deur betrokke gesprekke te voer, idees uit te ruil en stories te vertel, besiel ons mekaar om anders te dink. Bou jou professionele netwerk deur internskapgeleenthede en klaskamerbetrokkenheid. 

Is jy gereed om jou potensiaal as katalisator vir volhoubare ontwikkeling te ontsluit? 

Skryf vir die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling in en vertrek op 'n transformerende opvoedkundige reis wat jou sal bemagtig om aan 'n beter toekoms te help vorm gee.​

PROGRAMINLIGTING

Laai ons prospektus af vir 'n oorsig van die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling en die lys modules, of soek die tersaaklike afdeling in dieFakulteit se Jaarboek op.

Om aanlyn aansoek te doen, kies die opsies hier onder wanneer jy op die blad “Programkeuse" staan:

  • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – Stellenbosch
  • Programtipe: Voorgraads
  • Program: Dip (Volhoubare Ontwikkeling)

Aanlyn opedae: Teken hier​ in om inligting oor opkomende opedae te ontvang. ​


Die krag van aktiewe leer:​

 

​​​​

Gemeenskap vir Verandering​:

 


Leer-avonture in die regte wêreld​:​

 


Kontakbesonderhede

  • Algemene Kontakbesonderhede
  • +27 (0)21 918 4135​
  •  diploma@sun.ac.za​
  • Leier: Diploma in Volhoubare Ontwikkeling​
  • ​ ​Dr Ruenda Loots
  • +27 (0)​21 918 4135
  •  ruenda@sun.ac.za

​Ondersteunende dokumente



Sign up here