Piesangproduksie in Afrika
Page Content
Piesangs
en meelpiesangs is die wêrld se vierde belangrikste voedselgewas en is
van uiterste belang vir voedselsekuriteit en inkomste vir meer as 70
miljoen Afrikaners. Daar is verskeie tipes piesangs wat uniek is tot
Afrika, en hierdie kan vars geëet word, gekook, gebraai en geprosesseer
as babakos, sap en bier. East
African Highland kookpiesang (EAHB) en meelpiesangs maak ongeveer 70%
uit van alle piesangs wat op die kontinent verbou word. Mense wat in
die hooglande van sentraal Afrika woon, eet meer piesangs as enigiemand
anders in die wêreld, en verkry 35% van hul daaglikse kalorieë vanaf
hierdie gewas. In die laagland van die Kongo, verbou boere 'n groter
diversiteit van meelpiesangs as enige ander plek in die wêreld. Hierdie
meerjarige plante is verder die ruggraat van baie verbouingssisteme
aagesien hul vrugte dwarsdeur die jaar produseer, die grond teen erosie
beskerm, en vloede, droogtes en plaaslike konflikte oorleef. Soet
piesangs word oral verbou en word as 'n lekkerny geëet, maar vorm 'n
kleiner deel van die totale Afrika gewas. Die Cavendish piesang, wat
uitvoermarkte wêreldwyd domineer, word nou in toenemende hoeveelhede op
groot kommersiële plase in westelike, oostelike en suidelike Afrika
aangeplant. | |
Musa produksie in Oos en Suidelike Afrika(Bron: Bioversity International)
| Musa produksie in Wes en Sentraal Afrika(Bron: Bioversity International)
|