Conservation Ecology
Welkom by Universiteit Stellenbosch


​​Bewaringsekologie en Ent​​omologie​

Navorsi​​ng


Insek Bewa​ring

Insekte is die mees soortryke groep organismes op aarde, en hulle speel 'n belangrike rol in ekosisteem funksionering, beide op land en in varswater. Insekte word bedreig, soos so baie ander komponente van biodiversiteit. 'n Belangrike navorsingsaanslag in ConsEnt is die bewaring van insekte, sowel as etlike ander  biodiversiteitskomponente. Insekte word ook ondersoek as biomonitors van omgewingstoestand en herstel van ekosisteme. Van besondere belang is die gebruik van insekte in bewaring by die drie bruikbare skale van landskap (growwe filter), mesoskaal (mesofilter), en spesies (fyn filter). Daarbenewens is 'n sintetiese benadering tot die bewaring van insekte en ander biodiversiteit ontwikkel.

Kontak: Professor Michael Samways (samways@sun.ac.za)   ​​