Conservation Ecology
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​

Bewaringsekologie en Entomologie

Ons Departem​​e​​​nt​


Die Departement Bewaringsekologie en Entomologie is 'n akademiese departement aan die Universiteit Stellenbosch en is geleë in die Fakulteit AgriWetenskappe.  

Die Bewaringsekologie en Entomologie-departement bring onderrig en navorsing in die vinnig groeiende en belangrike vakgebied van die bewaring van gebruikte landskappe en hulle omgewings bymekaar. In beginsel is die doel om landbou- en bosbouproduksie te hê sonder om die natuurlike lewensvatbaarheid van die landbougrond-mosaïek in gedrang te bring.  

Onder die sambreel van bewaring in die landbou- en bosbou-konteks wissel die kundigheid vanaf geïntegreerde plaagbeheer, bewaring van natuurlike gemeenskappe en die bestuur van lewende hulpbronne tot beleidsformulering vir bewaring en die oordrag van tegnologie. Ons is 'n vooruitstrewende, dinamiese departement met 'n onmiskenbare landbou- en bosbou-adres. Dit word weerspieël in die visie, missie en strategiese doelwitte van die Departement.


Strategiese doelwitte

  • Om 'n sentrum van uitnemendheid in onderrig en navorsing op die gebied van ekologies-sensitiewe landbou te ontwikkel.
  • Om 'n spektrum van navorsing te ontwikkel wat wissel vanaf die 'bestuur van skaarsheid' (bewaring) tot die 'bestuur van oorvloed' (geïntegreerde plaagbeheer).
  • Om sterk te skakel met die landbou-produksiesektor oor 'n duidelike verskeidenheid arenas wat strek vanaf ekotoerisme en volhoubaarheid tot vrugte- en houtproduksie.
  • Om 'n spesiale klem op PhD-studente te plaas as 'n kern van produktiwiteit wat meer junior studente sal trek, tog lei na top professionele en goeie navorsingsuitsette.
  • Om betrokke te raak, waar toepaslik en strategies, met die beleid- en bestuursektore, met 'n spesifieke klem op inligting en die oordrag van tegnologie.
  • Om strategiese internasionale skakeling met ander universiteite, navorsingsinstitute, korporatiewe organisasies en voorste internasionale bewaringsorganisasies te ontwikkel; en om te dien op die redaksionele rade van voorste joernale.
  • Om te fokus op navorsing oor sekere skaars hulpbronne, veral water.
  • Om betrokke te raak in navorsing met duidelike bestuursdoelwitte, wat strek van die bewaring van biodiversiteit tot geïntegreerde plaagbeheer.​

​​​​​​​