Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch
akkerblaar.png

#ShapeTheFuture

By die Universiteit Stellenbosch glo ons daarin om te belê in die volgende generasie en wil ons graag toegang tot hoë-gehalte onderwys vir diegene wat in die verlede uitgesluit is, verbeter. Ons werk hard daaraan om potensiaal te ontgin en Suid-Afrika se toekomstige dokters, ingenieurs en rekenmeesters te kweek. Hoe doen ons dit?

Twee van ons universiteitsvoorbereidingsprogramme - SciMathUS en Hope@Maties - fokus op die voorbereiding van talentvolle en verdienstelike studente vir universiteitstudie. Ongelukkig, wanneer die tyd vir hierdie studente aanbreek om 'n hoër onderwys instelling te betree, het hulle dikwels nie die finansiële middele om voort te gaan op hul pad van sukses nie.

Jou ondersteuning

Ons het jou hulp nodig om die finansiële struikelblokke wat hul toegang tot hoër onderwys belemmer uit die weg te ruim. Slegs met finansiële ondersteuning in die vorm van beurse sal hierdie studente die beste kans gegun word om hul volle potensiaal te bereik en die geleentheid kry om eendag ʼn betekenisvolle bydrae tot die samelewing te maak. 

Kontak ons gerus om uit te vind hoe jou organisasie se beurssteun en/of benutting van die nuwe geleenthede in die gewysigde goeiepraktykkodes vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (“BBBEE”) ons land se volgende geslag leiers, entrepreneurs en tegniese kenners kan help ontwikkel.
  
apply now.JPG
 
Hope@Matie​​s is 'n eerste geleentheid voorbereidingsprogram.
apply now.JPG
 
SciMathUS is 'n tweede geleentheid voorbereidingsprogram.
apply now.JPG
 
Wil jy graag 'n skenking maak? Jou ondersteuning maak 'n verskil.​

Twitter