pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      RegistraSIE BY DIE US​​
​​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​

InternaSIONALE Stude​ntE

​Alle internasionale studente wat vir volle graadprogramme wil inskryf, moet voorr​egistrasiego​edkeuring  (dokumentverifikasie) van Universiteit Stellenbosch Internasionaal se Dienssentrum (SUI)​ bekom voordat hulle in 2024 vir 'n akademiese program registreer. 

studente moet die volgende stawende d​okumente indien:
  • ​Gewaarmerkte afskrif van jou geldige paspoort.
  • Gewaarmerkte afskrif van jou geldige studievisum vir studie aan die Universiteit Stellenbosch of​ bewys van permanente verblyfreg/vlugteling- of asielstatus.
  • Indien jy ’n studievisum het, moet jy ook bewys lewer van Suid-Afrikaanse mediese dekking.
    • ’n Lys beskikbare mediese fondse is by hierdie sk​akel​ te kry.
    • Studente met permanente verblyfreg in Suid-Afrika of met vlugteling- of asielstatus hoef nie bewys van mediese dekking te lewer om as ’n student by die Universiteit Stellenbosch te registreer nie.
  • Bewys van minimum verpligte aanvanklike fooibetaling of beursbrief.
    • Vir ’n begroting/fooikwotasie met die oog op 2024, klik HIE​R.
    • Ons sal binne drie tot vyf werksdae reageer.

Jy sal ’n e-poskennisgewing ontvang om te bevestig wanneer voorregistrasiegoedkeuring toegestaan is. Daarna kan jy op een van die volgende maniere formeel vir jou akademiese program registreer:

  • Aanlyn registrasie;
  • E-posregistrasie (met behulp van die posregistrasievorm wat jy by toelating ontvang het);
  • Begeleide registrasie (van aangesig tot aangesig)​.

Die proses om bogenoemde dokumentasie in te dien vir voorafregistrasie sal later in 2023 gepubliseer word.

registrasie 2024: studente wat op uitslag van visumaansoeke wag​

NUWELING- NAGRAADSE STUDENTE: EERSTE STUDIEVISUMAANSOEK VIR DIE US

Indien jy buite Suid-Afrika is en om ’n studievisum aansoek gedoen het, maar nog op die uitslag wag, kan jy ’n gewaarmerkte afskrif van jou VFS-kwitansie indien om voorregistrasiegoedkeuring te bekom. ​


INTERNASIONALE STUDENTE WAT VERDER STUDEER: VISUMHERNUWINGS

Dit is jou verantwoordelikheid om te sorg dat jou studievisum geldig bly so lank as wat jy as ’n student by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is. Maak asseblief seker dat jy ten minste agt weke voor die vervaldatum van jou huidige studievisum om hernuwing aansoek doen. Kontak die Nagraadse Kantoor vir bystand met die vereiste dokumente.​​​​​