Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Werknemerondersteuningsprogram (WOP)

​​lyn_30.jpghandshake.jpg

​​​Wellness_program_252x150_hands-.jpg Inhoud​

Die Universiteitsbestuur het besluit om die kernbedrywighede van leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie met ʼn paar sentrale temas van die Verenigde Nasies se millenniumontwikkelingsdoelwitte te versoen. Een van dié doelwitte lui soos volg:

"Die bevordering van fisieke en sielkundige welwees, en die herstel van menswaardigheid."

Deur die Welweesprogram sal die Afdeling Menslike Hulpbronne dus ʼn omgewing daarstel wat doeltreffende en doelmatige dienslewering ondersteun, terwyl dit ook so ver redelik moontlik werknemers se persoonlike omstandighede in ag neem, wat gestremdheid, MIV en vigs, en ander gesondheidskwessies insluit, deur die konsep van ‘welwees’ te vestig en te bevorder.

Die US erken en bevestig voorts dat menslike kapitaal die belangrikste hulpbron in die instelling is, en dat enige verlies aan menslike hulpbronne onafwendbaar tot ʼn verlies aan produktiwiteit en dienslewering lei.

Die US aanvaar dat probleme (sosiaal, emosioneel, persoonlik of werksverwant) werksprestasie kan benadeel, en dat die werkgewer verplig is om die nodige bystand te verleen en ook programme te voorsien wat werknemers se algemene gesondheid en welstand bevorder.


 

COVID-19 Ondersteuning

Kontak ons ​​asseblief vir ondersteuning en hulp

 

WOP-benadering

Die US se WOP-benadering is om, in koördinasie met die Welweesprogram, werknemerbystand te bied aan personeel wat:

  • voor persoonlike, gesins- of werksverwante probleme te staan kom; of
  • wil voorkom dat sodanige probleme ontstaan.

Doel

Die doel van hierdie uiteensetting van die institusionele WOP-benadering is om die hoof van die instelling van riglyne oor die praktiese inwerkingstelling van die WOP te voorsien. Dit is ook daarop gemik om die impak van psigososiale probleme wat werknemers kan ervaar, en wat hul werksprestasie en gevolglik ook produktiwiteit kan beïnvloed, te verminder.

Wie mag gebruik maak van die WOP?

Dié benadering geld vir alle werknemers van die US.

Reguleringsraamwerk

Die regs- en algemene riglyne in hierdie institusionele WOP-benadering is op die volgende wetgewing gegrond:

  • Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
  • Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, soos gewysig
  • Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997, soos gewysig
  • Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998
  • Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, 1993, artikel 8(1)
  • Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1997

Beginsels

Die volgende beginsels ondersteun die WOP-bestuursbenadering binne die US:

  • Toeganklikheid – Die program moet beskikbaar wees aan alle werknemers
  • Aanspreeklikheid – Kostedoeltreffende hulpbrongebruik sal beklemtoon word.
  • Gebalanseerde benadering – Sowel werkgewer as werknemer sal vir werknemerwelstand verantwoordelikheid aanvaar.
  • Vertroulikheid – Inligting wat in berading verstrek word, sal streng vertroulik hanteer word.
  • Konsekwentheid – Alle deelnemers aan die program sal dieselfde hanteer word.
  • Verantwoordelikheid – Werknemers word aangemoedig om verantwoordelikheid te aanvaar vir selfverwysing na die program.
  • Sensitiwiteit – Die bestuur/lynbestuurders en beraders sal sensitief staan teenoor werknemers en hul behoeftes.

WOP-bepalings

Die US bevestig die volgende:

  • Alle werknemers kwalifiseer om die diens te gebruik.
  • Werknemers kan hulself regstreeks na die WOP verwys, of kan hul lynbestuurder of ʼn kollega vra om hulle met die verwysing by te staan.
  • Verwysing via die dissiplinêre proses moet deur die lynbestuurder gedokumenteer word. Dit bly egter die personeellid se verantwoordelikheid om die program te gebruik of nie.
  • Verlof om afsprake gedurende werksure na te kom moet volgens lynbestuurders se oordeel hanteer word.
  • Alle persoonlike inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

Komponente van die Program

Die US se WOP beskik oor die volgende komponente:

  • Bemarkings- en bewusmakingsaktiwiteite
    • Hierdie aktiwiteit sal gereeld onderneem word.
  • Individuele intervensies en verwysing.
    • Individuele bystand sal beskikbaar wees aan werknemers wat dit nodig het.
  • Werkplekintervensie
    • Die program bied leiding en bystand vir die hantering van probleme met betrekking tot interpersoonlike kwessies en konflik in die werkplek.
  • Opleiding en ontwikkeling
    • Alle werknemers het toegang tot opleiding in selfbestuur en persoonlike ontwikkeling om hulle in hul daaglikse lewensuitdagings by te staan.

Riglyne vir verwysing

Vrywillige of selfverwysing

  1. Die werknemer kan self ʼn afspraak maak.
  2. Onderhoude sal meestal in die kantoor van die Bestuurder:  Werknemer Welwees plaasvind, tensy daar anders ooreengekom word.
  3. Lynbestuurders/bestuurders moet betyds van afspraaktye ingelig word, sowel as, waar moontlik, van die aantal sessies wat die werknemer sal bywoon (indien indienstyd gebruik word).
  4. Welweespersoneel sal geen terugvoering aan die lynbestuurder/bestuurder gee nie.

Informele verwysing

  1. ʼn Personeellid kan deur enige professionele persoon, ʼn vriend of lynbestuurder/bestuurder verwys word.
  2. In so ʼn geval geld punt 2–4 hier bo.

Formele verwysing

(Klik hier om ʼn vorm af te laai)​

  1. Wanneer ‘n lynbestuurder / bestuurder werksprestasie identifiseer wat onder standaard is, geskied ‘n formele skriftelike verwysing na die WOP, welke verwysing behoorlik gedokumenteer moet word.
  2. Die klem van die verwysing moet op werksprestasie val, nie persoonlike menings of oordele nie.
  3. Die personeellid is nie verplig om aanwesig te wees nie. Aanwesigheid of afwesigheid ná ʼn formele verwysing sal egter gedokumenteer word.
  4. Indien die personeellid kies om aanwesig te wees sal die Bestuurder:  Werkmemer Welwees die verwysende lynbestuurder/bestuurder van skriftelike terugvoering voorsien (slegs prosedure) oor die aantal sessies wat die werknemer bygewoon het sowel as oor die bestuursplan.
  5. Indien die personeellid vir ʼn alkohol- of dwelmafhanklikheidsprobleem verwys word, en daarná vir behandeling na ʼn rehabilitasiesentrum gestuur word, sal die Bestuurder:  Werknemer Welwees as skakelpersoon tussen die rehabilitasiesentrum en die US optree.

Monitering en evaluering

Die Bestuurder:  Werknemer Welwees moet die implementering van hierdie institusionele benadering moniteer, en die program met behoorlike inagneming van veranderende omstandighede binne die instelling en die groter gemeenskap evalueer.​


Terug na bo ^





Beskikbaar om af te laai

Finasiële Gesondheid ​(dokument slegs in Engels beskikbaar)

Gesondheid: Die beskerming van u kind teen brandwonde. (dukument slegs in Engels beskikbaar)

Werknemerondersteuningsprogram (dokument slegs in Engels beskikbaar)