Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Opvoedkunde

Gemeenskapsinteraksie​​

Wat is Gemeenskapsinteraksie​?

​As 'n kernfunksie van die Universiteit, is gemeenskapsinteraksie daarop afgestem om vennootskappe met gemeenskappe te koester en te bestuur, samewerking tussen die Universiteit en gemeenskappe te fasiliteer, en die middele te voorsien waardeur albei partye daadwerklik kennis kan ontdek en van mekaar kan leer.

​Sentrums​

​Programme


Beyond Educat​​ion

(Inspireer Hoop)

Hierdie program is vir die eerste keer in 2020 geïmplementeer as deel van die Portefeulje Sosiale Impak. Die program skep geleenthede vir studente in Fakulteit Opvoedkunde om by gemeenskapswerk betrokke te raak. Studente moet 'n sekere aantal ure voltooi om 'n sertifikaat vir gemeenskapsdiens te verwerf. Die gemeenskapsdiens wissel van besoeke aan kinderhuise, hospitale en diereskuilings tot toebroodjie- en skryfbehoefteveldtogte en selfs omgewingsprojekte.

'Toebroodjie Dag' is altyd 'n wenner en dit is 'n wonderlike en prettige manier vir ons studente, personeel en gemeenskapslede om betrokke te raak. Vir hierdie inisiatief samel ons toebroodjiesmere in en bied 'n toebroodjiedag op die grasperk voor die Opvoedkunde Fakulteit aan; enigiemand kan help om die toebroodjies te maak wat dan aan kinders/gemeenskapslede in nood geskenk word.

Die volgende teikens is per jaar bereik:

  • 2019 (1000)
  • 2020 (het nie die projek gehad nie weens Covid)
  • 2021 (1740)
  • 2022 (2000)

Die toebroodjies word aan die Stellenbosch-gemeenskap uitgedeel wat skole, haweloses en die nagskuiling insluit.

Die hoofdoel van hierdie projek is vir studente om AKSIE te neem en HOOP te herstel deur agente van sosiale verandering in ons plaaslike gemeenskappe te wees. Om positiewe waardes by die Universiteit Stellenbosch te voeg, maar die belangrikste is dat dit 'n manier is waarop toekomstige opvoeders 'n merk in hierdie wêreld kan maak deur iemand in nood te help.​