Algemene Inligting
Die Opvoedkunde Biblioteek is geleë in die GG Cillié-gebou waar die klasse van die voorgraadse en diploma programme in opvoedkunde aangebied word. Die biblioteek is rolstoel vriendelik.
Die hoofdoel van die Opvoedkunde Biblioteek is om ondersteuning te bied aan onderrig, leer en navorsing deur hulpbronne en media te verskaf wat benodig word deur die opvoedkunde programme. Die personeel is verantwoordelik vir professionele hulp aan alle voorgraadse opvoedkunde-, sowel as Diploma en Sertifikaat-studente. Nagraadse studente kry ondersteuning by die JS Gericke Biblioteek.
Die Opvoedkunde Biblioteek word geadministreer deur Departement Kurrikulumstudie. Die Opvoedkunde Biblioteek huisves 'n boekeversameling bestaande uit skoolhandboeke, joernale, fiksie- en nie-fiksie boeke, ens., media byvoorbeeld prente, video’s, CD’s, transparante en oudiovisuele apparaat en die ISKEMUS-versameling.
ISKEMUS versameling
-
‘n Versameling kinderboeke (fiksie en nie-fiksie)
-
'n Versameling oorspronklike illustrasies vir kinderboeke, geskenk deur die kunstenaars
-
Navorsingsgeleenthede vir alle belangstellendes
-
Inligtingdisseminasie
Studente sal 'n skatkis van hulpbronne vir projekte en lesse vind:
-
"Big books"
-
luisterkassette en DVD's met stories
-
prenteboeke
-
geïllustreerde boeke,
-
storieboeke,
-
leesreekse en
-
naslaanboeke.
Fisiese fasiliteite
-
stoele en tafels om by te werk
-
gemaksitplekke vir groepbesprekings en leeswerk
-
netwerkrekenaars vir inligtingsoektogte
-
kragpunte vir skootrekenaars
-
fotokopieerder
-
klankdigte kamer - vir die selektering van geskikte video’s en CD’s vir praktiese onderrig
Diensure
Maandag - Vrydag: 08:00 - 16:30
Proeftydperk: 08:00 - 17:00
Universiteitsvakansies: 08:00 - 13:00; 14:00 - 16:00 of gesluit
Biblioteekpersoneel
 Laurinda Kleinhans Bibliotekaris Tel: +27 21 808 2323 E-pos:
Stuur e-pos
|
Ligging
Grondvloer, Kamer 1006, GG Cillié Gebou
Aktiwiteite