Education Policy Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Personeel

​​​​​​​​​​​


​​Waarnemende Voorsitter

Prof Yusef Waghid, HOD (UWK), BEd (UWK), MEd (UWK), DEd (UWK), PhD (US), DPhil (US) (uitgelese professor)

FOKUSGEBIEDE

 O​nderwysfilosofie, Afrika-onderwysfilosofie, onderwys vir demokratiese burgerskap, morele onderwys

 BIOGRAFIESE NOTA​​

Yusef Waghid, 'n toonaangewende Afrika-onderwysfilosoof, het drie doktorsgrade in opvoedingsbeleid en onderwysfilosofie aan onderskeidelik die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch (US) in Suid-Afrika verwerf. As permanent aangestelde professor aan die US sedert 2002, en uitgelese professor sedert 2014, het dié produktiewe outeur al 412 publikasies die lig laat sien. Dít sluit in 53 akademiese boeke en saamgestelde bundels en 86 boekhoofstukke op uitnodiging. Hy het tot dusver as promotor vir 35 PhD-kandidate gedien en as eksaminator van 58​ doktorate opgetree. Waghid is in 2015 vereer met die Vereniging vir die Ontwikkeling van Onderwys in Afrika (ADEA) se gesogte toekenning vir voortreflike mentorskap vir onderwysnavorsers. 

Sy merkwaardige akademiese bydraes op die terrein van Afrika-hoëronderwysfilosofie verskyn in invloedryke internasionale vakkundige boeke, waaronder Towards an Ubuntu University: African Higher Education Reimagined (Palgrave-MacMillan, 2022, saam met Zayd Waghid, Judith Terblanche, Faiq Waghid, Lester Shawa, Joseph Hungwe en Thokozani Mathebula, met die voorwoord deur Carlos Alberto Torres), Education, Crisis, and Philosophy: Ubuntu within Higher Education (Routledge, 2022), Democratic Education as Inclusion (Lexington, 2022, saam met Nuraan Davids), Higher Teaching and Learning for Alternative Futures (Palgrave-MacMillan, 2021, saam met Zayd Waghid, Judith Terblanche en Faiq Waghid), Academic Activism in Higher Education: A Living Philosophy for Social Justice (Springer, 2021, saam met Nuraan Davids), Towards a Philosophy of Caring in Higher Education: Pedagogy and Nuances of Care (Palgrave-MacMillan, 2019), Education for Decoloniality and Decolonisation in Africa (Palgrave-MacMillan, 2019, saam met Chikumbutso Herbert Manthalu), Rupturing African Philosophy of Teaching and Learning (Palgrave-MacMillan, 2018, saam met Faiq Waghid en Zayd Waghid) en African Philosophy of Education Reconsidered: On Being Human (Routledge, 2014). Ter erkenning van sy uitsonderlike navorsing, wat ook in etlike toonaangewende onderwystydskrifte verskyn, het hy 'n B-1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang. Dít vestig hom as 'n internasionaal gerekende vakkundige wat navolgenswaardige leierskap bied in die bevordering van Afrika-hoëronderwysfilosofie. ​

Hy het Afrika se eerste MOOC (massiewe oop aanlyn kursus) oor onderrig vir verandering bekend gestel. Die Verenigde Nasies se Akademie vir die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte het dié kursus later by hulle gratis aanlyn internasionale kursusaanbod ingesluit (2016-2020). Waghid is boonop vereer met die redakteurskap van twee invloedryke vaktydskrifte, naamlik Citizenship, Teaching and Learning (sedert 2018) en Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Hoër Onderwys (sedert 2005). Hy het van 2020 tot 2021 met gevierde internasionale akademici saamgewerk aan 'n baanbrekernavorsingsprojek getiteld Education for Flourishing and Flourishing in Education onder UNESCO-beskerming. Die projek is deur die Mahatma Gandhi Instituut vir Onderwys vir Vrede en Volhoubare Ontwikkeling van stapel gestuur. Sy werk om hoër onderwys in Afrika te bevorder word ook erken deur die Raad op Hoër Onderwys in Suid-Afrika, waarin hy sedert 2019 dien. 

Stuur e-pos 
Tel: +27 21 808 3948 ​​
Faks: +27 21 808 2283 

​Curricu​lum Vitae



Prof Nuraan Davids BA (Hons), HOD, MPhil (UCT), PhD (SU) 

FOKUSGEBIEDE

 Onderwysfilosofie, onderwys vir demokratiese burgerskap, Islamitiese onderwysfilosofie, onderwysleierskap en -bestuur ​

BIOGRAFIESE NOTA​

Nuraan Davids is 'n professor in Onderwysfilosofie. Sy beskik oor 'n gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en stel belang in onder meer onderwys vir demokratiese burgerskap, Islamitiese onderwysfilosofie en hoëronderwysfilosofie. Sy was van 2020 tot 2021 'n genoot van die Sentrum vir Gevorderde Navorsing oor die Gedragswetenskappe aan Stanford-universiteit. Davids is tans medesamesteller van die Routledge-reeks World Issues in the Philosophy and Theory of Higher Education, medehoofredakteur van die Journal of Education in Muslim Societies, mederedakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Hoër Onderwys, en 'n lid van die eindredaksie van Ethics and Education. Sy het al 'n aantal navorsings- en onderrigtoekennings ontvang, waaronder die NNS-uitnemendheidstoekenning vir ontluikende vrouenavorsers (2015), die Universiteit Stellenbosch (US) se toekenning vir uitgelese opvoeders (2017), die RHO/HELTASA-eerbewys vir nasionale uitnemendheid in onderrig en leer (2017), US-toekennings vir uitnemende navorsing (2015, 2016, 2018, 2019, 2020), die US-toekenning vir mediadenkleiers (2018, 2019), en die US se Kanselierstoekenning vir navorsing (2020). Onlangse boeke uit haar pen (met Yusef Waghid as mede-outeur) sluit in Academic Activism in Higher Education: A Living Philosophy for Social Justice (Springer, 2021), Teaching, Friendship & Humanity (Springer, 2020), Teachers Matter: Educational Philosophy and Authentic Learning (Rowman & Littlefield – Lexington-reeks, 2020) en Democratic Education as Inclusion (Rowman & Littlefield – Lexington-reeks, 2022).

Stuur e-pos 

Tel: +27 21 808 2877 

Curriculum Vitae

Fataar.jpg 

Prof Aslam Fataar, BA (UWK), HOD (UWK), HonsBA (UWK), MEd (UWK), MPhil (UWK), PhD (UWK) (uitgelese professor)​

FOKUSGEBIEDE: 

Onderwyssosiologie

BIOGRAFIESE NOTA

Aslam Fataar is 'n professor in die Departement Opvoedingsbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en tans 'n navorsing-en-ontwikkelingsprofessor verbonde aan die US se Transformasiekantoor. Hy is 'n lid van die Universiteitsraad sowel as van ASSAf, die Suid-Afrikaanse wetenskapsakademie. Sy jongste boeke sluit die volgende in:

• Hlatswayo, M, Blackie, M, Adendorf, H, Maluleke, P. Fataar, A. (reds.) 2022 (op hande) Decoloniality and Curriculum Knowledge Building. Routledge, Londen.

• Fataar, A en Costandius, E. (reds.) 2021. Evoking Transformation: Visual Redress at Stellenbosch University. African Sun Media Press, Universiteit Stellenbosch.

• Burger, A, en Fataar, A. 2020. Educational leadership and the production of learning spaces. African Sun Media Press, Stellenbosch.

• Fataar, A. 2019. Searching for Islamic Ethical Agency in Post-Apartheid Cape Town: An Anthology. Africa Sun Media Press, Stellenbosch.

• Fataar, A. 2018. The educational practices and pathways of students across power-marginalised regions (red.). Africa Sun Media Press, Stellenbosch.

• Fataar, A. 2015. Engaging student subjectivities across the postapartheid city. Africa Sun Media Press, Stellenbosch.

• Fataar, A. 2012 (red.). Debating Thesis Supervision. African Sun Media Press, Stellenbosch.

• Fataar, A. 2011. Educational policy development in South Africa's democratic transition: 1994-1997. African Sun Media Press, Stellenbosch.​

Stuur e-pos 

Tel: +27 21 808 2281 

Curriculum​ Vitae​



Dr ​​Jennifer Feldman​​​ HonsBEd (SU), PhD (SU)

FOKUSGEBIEDE: 

Onderwyssosiologie​

Dr Jennifer Feldman is tans 'n dosent in Opvoedingsbeleidstudie. Die fokus van haar navorsing, wat in onderwyssosiologie geleë is, is op sosiale geregtigheid en onderrig en leer, onderwyserontwikkeling, onderwysbeleid, publiek-private vennootskappe en tegnologie in onderwys. Haar Nasionale Navorsingstigting-navorsingsprojek (2021-2023) getiteld “Changing sociologies of education in the context of technological innovation and disruption" oorweeg vanuit 'n sosiologiese oogpunt, hoe digitalisering en datafiksering van onderwys in beide skole en hoëronderwysinstellings sowel innoverende as ontwrigtende onderwys is, veral gegewe die onlangse pandemietoestande.​

Stuur e-pos​​

​Curriculum Vitae​

Jerome.jpg

Dr Jerome Joorst, HOD (Bellville-onderwyskollege), HonsBEd (UWK), MEd (UWK), PhD (US)  

FOKUS​GEBIEDE​​
O​nderwyssosiologie, vrye wil onder landelike jeug, onderwysbeheer, -bestuur en -leierskap, onderwysreg 

BIOGRAFIESE NOTA

Jerome Joorst is 'n dosent in die Departement Opvoedingsbeleidstudie van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy het 18 jaar onderrigervaring in hoër- en laerskole op die platteland, sowel as veldervaring as heelskoolevalueerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement. Sy huidige onderrigmodules sluit in Perspektiewe op Onderwysstelsels vir BEd-vierdejaarstudente, Onderwysbeheer, -bestuur en -leierskap vir studente in die Nagraadse Onderwyssertifikaat, en Inleiding tot Navorsingsmetodes vir aanlyn HonsBEd-studente. Joorst dien ook as studieleier vir magisterstudente op die gebied van onderwyssosiologie en onderwysleierskap en -bestuur. Hy stel veral belang in die rol en plek van landelike onderwysers en leerders in die onderwysstelsel. Daarbenewens is hy 'n senior mentor in die US se SciMathUS-program, waar hy benadeelde studente se toetrede tot universiteitstudie fasiliteer. Sy onlangse publikasies sluit die volgende in:

2017: “Die navigasiepraktyke van leerders uit arm, landelike gebiede". Litnet Akademies (Opvoedkunde)

2015: “How do young people do their schooling in impoverished circumstances?" South African Review of Education

Stuur e-pos 

Tel: +27 21 808 2398 

Curriculum Vitae


 

​Dr Elzahn Rinquest BEd (SU), HonsBEd (SU), MEd (SU)​​​​, PhD (SU)​

​BIOGRAFIESE NOTA

Dr Elzahn Rinquest het haar BEd (2007), HonsBEd (2013), MEd (2016) en PhD (2021)-grade aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. As 'n dosent in die Departement Onderwysbeleidstudies doseer sy Sosiologie van Onderwys en Onderwysbeleid en -bestuur.

Haar doktorsgraadnavorsingstudie is onder leiding van professor Aslam Fataar voltooi en het die pedagogiese plekinruimingspraktyke van onderwysers by 'n spesiale skool in Kaapstad ondersoek.

Dr Rinquest het 'n NNS Thuthuka-navorsingstoekenning (2022 – 2024) ontvang om verdere navorsing in Sosiologie van Inklusiewe Onderwys te doen. Die navorsingsprojek het ten doel om die subjektiwiteite en praktyke van skoolhoofde te verstaan wat 'leiding neem' met die bevordering van inklusiewe onderwys by geselekteerde openbare skole in die Wes-Kaap provinsie.

Twaalf jaar ondervinding as onderwyser en later bestuurder by verskeie openbare hoofstroom- en spesiale skole lig haar huidige navorsingsbelangstellings en gemeenskapsdienspogings in. Dit behels die ondersoek van sosiologiese aspekte wat verband hou met inklusiewe onderwys, diversiteit, sosiale geregtigheid en onderwyserswelstand.

Stuur e-pos

Tel: +21 808 ​​2263​​

Curriculum Vitae​

​​


Dr Precious Simba 

BIOGRAFIESE NOTA

Dr. Simba is 'n dosent in die Departement Opvoedingsbeleidstudies aan die Universiteit Stellenbosch. Haar agtergrond is in naskoolse programme, nadat sy in 2011 'n meisies opvoedings inisiatief in Bulawayo gestig het. Haar doktorale navorsing was 'n feministiese kritiek op Ubuntu as 'n filosofie van onderwys gesentreer op onderwysbeleid in Zimbabwe. Haar navorsingsbelangstellings is Ubuntu as 'n filosofie van onderwys, onderwysbeleid, feministiese teorie, interseksionaliteit en demokratiese burgerskapopvoeding. Sy het 'n MA van die Universiteit van Sussex se Instituut vir Ontwikkelingstudies (IDS) waar haar studies gefokus het op geslag en ontwikkeling met 'n spesiale belangstelling in onderwys. Dr Simba is 'n Mandela-skolier (2013/14), 'n Sol Plaatjie-skolier (2018/2020) en 'n Andrew W. Mellon Ubuntu Dialogues-genoot (2020). ORCID ID: https://orcid.org/0000-0002-0626-3704

​​Stuur e-pos




Simone Alexander-3.jpg

Mev Simone Alexander (Departementele sekretaresse​)

Stuur e-pos ​​​​​​​
Tel: +27 21 808 2419 ​


AJ7_9924.jpg

Mnr Marco Beukes (Assistent)

Stuur e-pos 
Tel: +27 21 808 2261​