Education Policy Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gemeenskapsinteraksie

free_18952047.jpg 

​Die Departement beskou sy gemeenskapsinteraksieprojekte as beduidend omdat dit daarop toegespits is om onderwysdenke te transformeer, te vorm en te rig en praktyke te beïnvloed. Benewens ons hooftaak om kennis deur navorsing te skep, is die verspreiding van daardie kennis na die groter akademiese en nie-akademiese publiek en die bou van sinvolle verhoudings tussen die Universiteit en ander instellings en gemeenskappe boaan ons prioriteitslys. Ons bevorder gemeenskapsontwikkelingswerk sowel as toonaangewende vakkundigheid op 'n konseptueel geïntegreerde manier. Deur ons onderrig, leer en navorsing wil ons 'n wedersyds verrykende verhouding met die gemeenskap bou waarby die groter samelewing kan baat vind. Kortom is ons verbind tot ons vakkundigheid sowel as die sinvolle toepassing daarvan.

Die Departement wil die samelewing dien oor die hele hoëronderwyssfeer heen sowel as in samewerking met skole, kolleges vir voortgesette onderwys en opleiding (VOO), ontwikkelingsorganisasies en staatsbeleidsagentskappe.

Ons is betrokke by 'n vlagskipprojek genaamd die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS), wat met ingang van 2016 as die Gvorderde Onderwysdiploma bekend sal wees. Hierdie gemeenskapsinteraksieprojek is in verskeie opsigte van groot strategiese belang vir die Dpartement en die Universiteit. Dit lewer 'n bydrae tot die Universiteit se doelwit van gemeenskapsontwikkeling met 'n stewige akademiese grondslag, terwyl dit ook 'n finansiële opbrengs verseker.