Navorsingsfokus
Die navorsingsfokus van die Departement Opvoedkundige Sielkunde is gemik op die opvoedkundige sielkundige ontwikkeling van menslike potensiaal in skole en gemeenskappe. Die uiteindelike doel is om toepaslike inklusiewe skool- en gemeenskapsgebaseerde opvoedkundige sielkundige programme sowel as gespesialiseerde programme te ontwikkel en te implementeer. Dit bied geleenthede vir optimale ontwikkeling en selfaktualisering. |