SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling

Hierdie eenjarige hibridiese program is ideaal vir afgestudeerde en werkende professionele persone wat hulleself wil toerus om regverdige en volhoubare toekomste in die digitale era te skep. 

​Om inligting oor die program en opkomende opedae te ontvang, teken hier in

Vaardighede vir 'n groen ekonomie

In respons op die groeiende behoefte aan verantwoordelike belegging en die oorskakeling na 'n groen ekonomie bied ons 'n program wat op een lyn met die Kode vir Verantwoordelike Belegging in Suid-Afrika (Eng. CRISA) is. CRISA moedig beleggers aan om omgewings-, sosiale en oorsigbestuursfaktore (Eng. ESG) by beleggingsbesluite te integreer. Bly tersaaklik en maak 'n betekenisvolle impak namate jy die vaardighede ontwikkel om die ontwikkelende landskap van verantwoordelike belegging en kuratorskap te navigeer.

Of jy daarna streef om jou eie onderneming aan die gang te kry, 'n betekenisvolle impak as werknemer te maak of as konsultant vir sakeondernemings wil optree, hierdie program sal jou help om die nodige vaardighede te bekom om jou idees op een lyn met CRISA-beginsels te bring en aan die verwagtings van impakbeleggers te voldoen.

Hibridiese leer

Ontdek 'n buigsame en dinamiese leerervaring met ons hibridiese program. Baat by selfgerigte leer, aangevul met daaglikse intydse sessies en drie diepgaande persoonlikekontak-sessies oor die jaar heen. Hierdie unieke vermenging sorg dat jy die buigsaamheid het om aan jou leerreis te help vorm gee en terselfdertyd 'n waardevolle professionele netwerk op te bou danksy werklikheidsgetroue ervarings.

Geïntegreerde modules

Volhoubaarheid in die Digitale Era ondersoek die volhoubaarheidspotensiaal van digitale tegnologie, impakbelegging en verantwoordelike leierskap. Navorsingsbenadering fokus op transformerende en samewerkende navorsing, wat jou in staat stel om sosiale kwessies uit te ken, data in te samel en die impak van jou oplossings te bepaal. Sakeplanne en -strategieë ondersoek ondernemings met 'n winsoogmerk, sosiale ondernemings en verantwoordelike belegging om jou te leer hoe sakeondernemings katalisators vir sosiale verandering kan wees. ​Tydens die Sosiale Entrepreneurskap module sal jy ontdek hoe om jou eie konsultasiediens te ontwikkel. Entrepreneurskap-inkubator bemagtig jou om innoverende projekte te ontwerp deur volhoubaarheidstegnologie en kritiese denke op werklikheidsgetroue uitdagings toe te pas.

Gryp die geleentheid aan om ons wêreld nuut te bedink met behulp van volhoubare ontwikkeling. 

Programinligting

Laai ons prospektus af vir 'n oorsig van die Gevorderde ​Diploma in Volhoubare Ontwikkeling en die lys modules, of soek die tersaaklike afdeling in die Fakulteit se Jaarboek op.

Vereistes: 'n Diploma (NKR-vlak 6) of baccalaureusgraad (NKR-vlak 7) van 'n erkende tersiêre instelling in vakke/studievelde wat met volhoubare ontwikkeling, entrepreneurskap, besigheidstudies, ekonomie of innovasie belyn is.

Om aanlyn aansoek te doen, kies die opsies hier onder wanneer jy op die blad “Programkeuse" staan:

  • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – Lynedoch
  • Programtipe: Voorgraads
  • Program: GevDip (Volhoubare Ontwikkeling)


Hibridiese leer met ’n verskil​:

 


​Ontmoet Entrepreneurs en veranderingsagente:

 


Kontakbesonderhede​

  • Algemene Kontakbesonderhede
  • +27 (0)21 918 4135​
  •  diploma@sun.ac.za​
  • Leier: Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling​
  • ​ ​Dr Ruenda Loots
  • +27 (0)​21 918 4135
  •  ruenda@sun.ac.za

Ondersteunende dokumente




Sign up here