Rol asb. af na die opskrif van toepassing
Studente wat voorgraadse modules by UNISA moet aanvul
Die volgende voorgraadse Universiteit van Stellenbosch modules stem ooreen met die volgende UNISA modules:
UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH MODULES | UNISA MODULES |
Bedryfsielkunde 114 | Inleiding tot MHB | IOP1501 |
Bedryfsielkunde 152 | Beroepsielkunde | IOP3703 |
Bedryfsielkunde 162 | Ergonomika | IOP2603 |
Bedryfsielkunde 214 | Psigometrika | IOP3701 |
Bedryfsielkunde 224 | Verbruikersgedrag | MNM 2605 |
Bedryfsielkunde 244 | Menslike Hulpbronbestuur | IOP3702 en IOP3706 |
Bedryfsielkunde 314 | Arbeidsverhoudinge | IOP3704 |
Bedryfsielkunde 324 | Menslike Hulpbronontwikkeling | IOP3073 |
Bedryfsielkunde 348 | Organisasiesielkunde | IOP2602 en IOP3705 |
Vir verdere navrae hieromtrent, kontak asseblief Nazli Daniels (ndaniels@sun.ac.za)
Spesiale student: voorgraads
Studente wat beplan om Bedryfsiekunde of Menslike Hulpbronbestuur op 'n nagraadse graadvlak (honneurs) te volg, sonder Bedryfsielkunde as hoofvak in die Baccalaureus graad, mag aansoek doen. Wanneer u reeds 'n B-graad verkry het, mag u aansoek doen om al/uitstaande Bedryfsielkunde modules in een jaar te voltooi. Gewoonlik word vrystelling verleen vir Bedryfsielkunde 114.
Nota: Indien u beplan om voort te gaan met die suiwer Bedryfsielkunde Honneursgraad (lei tot HPCSA registrasie), moet u ander hoofvak óf Sielkunde óf Ondernemingsbestuur wees.
Spesiale student: nagraads
Studente wat moet registreer vir uitstaande modules op honneursvlak (of in uitsonderlike gevalle voorgraadse modules) om voort te gaan met Bedryfsielkunde in nagraadse studies, of met die BPsig Ekwivalensie Program (BPEP), moet aansoek doen. Meestal benodig voornemende students vir die BPEP Psigometrika en/of Toegepaste Sielkundige- en Prestasiemeting en Professionele Etiek (geslaag met 'n minimum van 65% om te kwalifiseer).
Om aansoek te doen
Neem asseblief kennis: beide opsies word slegs aangebied op 'n voltydse basis.
1. Vir alle Stellenbosch Universiteit studente wat hul grade een of meer jaar gelede voltooi het, sowel as studente van ander universiteite, voltooi asseblief hierdie US aansoekvorm met die relevante dokumentasie en bewys van aansoekfooi se betaling na die adres op die aansoekvorm. Lees asseblief alle instruksies.
2. Die spesiale student aansoekvorm moet deur alle applikante ingevul word en deurgestuur word aan Mev. CM Cillie by cmcillie@sun.ac.za of by die departement afgelewer word. Die fisiese adres en kontakbesonderhede word voorsien in die navigasie menu onder "kontak ons". (Engels op die keersy van die vorm).
