
Die Department bied die volgende magister programme aan. Kliek op die relevante program hieronder vir die programvereistes:
Vir meer inligting rakende Bedryfsielkunde programstrukture en kursusinhoud lees hier .
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September van die jaar voor die beplande studies
- Program neem in aanvang: Januarie
- Program aanbieding: Modulêr
Ons Magisterprogram in Bedryfsielkunde word op 'n modulêre basis aangebied. Verpligte klasse word in drie blok-sessies gedurende een jaar aangebied, vir altesaam vyf weke. Die weke word normaalweg soos volg aangebied: een week in die derde week van Januarie; twee weke aan die einde/begin van Mei/Junie en die laaste twee weke aan die begin van November (dit is 'n totaal van 25 dae studieverlof dae wat u van u werknemer sal versoek vir die jaar). Verder, enige vervoer- of akkommodasie reëlings bly die onus van die student.
Die MCom (Bedryfsielkunde) kursuswerk/gestruktureerde magister bied toelating tot 'n twaalf maande internskap wat lei tot statutêre registrasie as Sielkundige (Bedryfsielkunde) by die Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA), na die suksesvolle aflegging van die raadseksamen van die HPCSA. Die MCom (Menslike Hulpbronbestuur) lei tot nie-statutêre registrasie as Meester Menslike Hulpbron Praktisyn.
NB NOTA: Aansoekers
Neem asseblief kennis dat u twee aanlyn aansoeke moet voltooi:
1. Departementele aansoek: Aansoeke open op die 1ste Maart.
Die aanlyn magister departementele aansoekvorm is verkrygbaar via die volgende skakel
NOTA: Geen aansoek vir toelating na enige van die nagraadse programme sal geprosesseer word indien die relevante departementele aansoekvorm nie suksesvol voltooi is nie.
2. Universiteitsaansoek: Aansoeke open op die 1ste Maart vir die amptelike Universiteit van Stellenbosch aansoeke.
Die universiteitsaansoek moet die departementele aansoek voorafgaan aangesien die studentenommer gegenereer word wat gebruik word in u departementele aansoek. Die Universiteit van Stellenbosch webtuiste is verkrygbaar via die volgende skakel vir die amptelike aansoek:
BEURSE
Die departement bied 'n departementele beurs aan vir magisterstudente gebaseer op historiese akademiese prestasie. Stuur asb die voltooide beursaansoekvorm aan Me C Cillie soos aangedui op aansoekvorm.