Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BTech Aansoekers

 

Die Fakulteitskomitee van die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het op sy vergadering van 23 November 2005 verklaar dat, in terme van NKR (NQF) vlak, 'n BTech kwalifikasie gelykstaande geag moet word tot 'n BCom kwalifikasie.  Individue in besit van 'n BTech kwalifikasie mag dus toegelaat word tot 'n honneursprogram (bv. in Bedryfsielkunde) met dien verstande dat daar aan die bestaande akademiese kriteria van die departement voldoen word (nl. 'n gemiddelde van ten minste 60% in Bedryfsielkunde in die finale jaar van studie).  Aanvullende akademiese werk mag egter vereis word om enige akademiese tekortkomige aan te vul wat moontlik mag bestaan in die voorgraadse grondwerk in terme van die dissipline waarin nagraadse studies in die vooruitsig gestel word (in hierdie geval dus tekortkominge wat mag bestaan in die voorgraadse grondwerk ten opsigte van Bedryfsielkunde).

Lees ​meer

​​​​

​ ​