Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Magister/Meesters in Bedryfsielkunde

MCom (Bedryfsielkunde)​​​​​ 

Om te kwalifiseer vir oorweging vir toelating tot die kursuswerk/gestruktureerde magister program in MCom (Bedryfsielkunde), geld die volgende kriteria:

  • U gegradueer het met ʼn erkende honneurs graad met Bedryfsielkunde as hoofvak
  • Indien u aan ʼn nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, sal u universiteit deur die Internasionale Kantoor van die Universiteit van Stellenbosch moet erken en goedgekeur word;
  • U gegradueer het met Loopbaan- en Beroepsielkunde, Psigometrika, Metingsteorie en Toegepaste Sielkundige Meting modules in u honneursgraad;
  • U moes met ʼn gemiddelde persentasiepunt van 65% in u Bedryfsielkunde Honneursgraad jaar gegradueer het.
  • U ʼn omvattende navorsingsvoorstel ontwikkel het wat die navorsingsaspirasies van die departement bevredig.

Om aansoek te doen vir toelating tot die kursuswerk/gestruktureerde magister in MCom (Bedryfsielkunde) program, moet die volgende stappe gevolg word (in die volgorde):

  • Dien ʼn elektroniese aansoek om toelating in tot die Universiteit Stellenbosch via die SU webwerf en voldoen aan al die vereistes;
  • Versamel al die nodige inligting om ʼn elektroniese aansoek by die departement in te dien:
    • SU studente nommer;
    • Elektroniese kleur-foto ('n jpeg, jpg of png lêer);
    • Elektroniese kopie van die volledige akademiese rekord ('n pdf lêer, jpeg of jpg lêer);
    • Magister navorsingsvoorstel (pdf lêer);
  • Dien ʼn elektroniese aansoek tot toelating in by die Departement van Bedryfsielkunde via die departementele webwerf

Die voltooide aansoekvorm moet nie later nie as 31 Oktober teen 17h00 voorgelê word om vir toelating oorweeg te word vir die magister program in Industrial Psychology.

Die Departement ontvang gewoonlik meer kwalifiserende aansoekers as wat ons op die program kan akkommodeer. Om aansoekers in rang-orde te plaas is gewoonlik onvermydelik. Rang-ordening sal op die volgende kriteria gebaseer wees:  die grootte van die gemiddelde prestasiepunt in die honneurs jaar, of ʼn persentasiepunte hoër as 65 % behaal is die honneurs jaar, en die konsekwentheid waarmee studente deurgaans akademies presteer het in Bedryfsielkunde in die honneurs graad. Die orde waarmee hierdie kriteria gelys word, reflekteer hul belangrikheid in die rangorde-stelling van applikante wat kwalifiseer vir toelating.