Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

2009

​​​​​​

7 Desember 2009

Nuwe uitgawe van Janus beskikbaar!

Die mees onlangse uitgawe van Janus, die Departement Joernalistiek se nuusbrief, is nou beskikbaar.​


20 Augustus 2009

Brasiliaanse en Suid-Afrikaanse joernalistiek-navorsers op Stellenbosch byeen

'n Groep Suid-Afrikaanse en Brasiliaanse joernalistiek-navorsers het in Junie vanjaar deelgeneem aan 'n tweedag-werkwinkel waarin onderwerpe soos die media se rol in 'n demokratiese samelewing en die uitdagings vir joernalistiek-opleiding in die onderskeie lande bespreek is.
Die werkwinkel by Stias is deur prof. Arrie de Beer, buitengewone professor in die Department Joernalistiek, in samewerking met dr. Herman Wasserman, buitengewone mede-professor in die department en dosent aan die Univesiteit van Sheffield, gereël.

Mnr Gawie Botma, waarnemende voorsitter van die departement het as gasheer van die werkwinkel opgetree, terwyl prof Lizette Rabe, wat met studieverlof is, die Brasilliaanse en Suid-Afrikaansenavorsers by 'n onthaal verwelkom het. 

Die werkwinkel het onder meer steun ontvang van die US se internasionale kantoor, die Brasiliaanse en Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigings en dieCentre for Freedom of Media aan die Universiteit van Sheffield. 

Meer besonderhede by http://www.bsa-jri.cce.ufsc.br/index.php?option=com_content&view=article&id=10&Itemid=23"​


4 Augustus 2009

BPhil student writes front page story for The Times

Pieter-Louis Myburgh, currently a BPhil (Journalism) student, wrote a front page story for The Times on the 4th of August. 

The story focused on the death of a 22 year old Matie student who died of swine flu. It is the first swine flu case in South Africa that ended fatally.

To read the story, click here.

To get more information on the story, contact Myburgh at 14610272@sun.ac.za.


27 Julie 2009

BPhil-klas keer terug van Media Toer

Die 2009 BPhil-klas het pas terug gekeer van 'n suksesvolle industrie en kultuuruitstappie in Johannesburg.

Die week lange uitstappie het besoeke na die SABC, Avusa, Independent Newspapers, die Apartheid Museum, Maropeng, Soweto, die Voortrekkermonument, Carte Blanche, Kwêla e.a. koerante en media maatskappye ingesluit.

Om foto's van die uitstappie te sien, kliek​​ here​.




13 Julie 2009

Winterskool skop by Departement Joernalistiek af

Die Departement Joernalistiek se tweede seminaarweek vir MPhil (Joernalistiek) studente het op 13 Julie afgeskop. Dit sal tot 17 Julie duur.​


1 Julie 2009

Gender en medialetterkunde by Departement Joernalistiek onder die loep

Die Departement Joernalistiek het in samewerking met Gender Links 'n konferensie oor gender en medialetterkunde aangebied. Die titel van die konferensie was Watching the Watchdogs: a gender and media literacy tool kit for Southern Africa. 

Joernaliste en studente wat tans by gemeenskapsradiostasies en koerante in die Wes-Kaap werk, is na die drie dae lange konferensie genooi om kwessies rondom gender en medialetterkunde te bespreek.

Dit is deur die medialetterkunde-foendi Fidelia van der Linde aangebied.

V.l.n.r is van die konferensiegangers: Hilderine Schröder van die Worcester Standard, Fidelia van der Linde (aanbieder van die konferensie), Prof. Lizette Rabe (hoof van die Departement Joernalistiek), Monique Duval van Cape Community Newspapers, Gadija Davids van Radio 786 en Firdows Badroodien van Community News.​


22 Junie 2009

BPhil-klas van 2008 se persoonlike webtuistes bekend gestel 

Die BPhil-klas van 2008 se eie persoonlike webtuistes is onlangs op die Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch se webwerf bekend gestel.

Elke student moes as deel van hul Internetjoernalistiekkursus 'n persoonlike webtuiste skep. Hul skryf en fotoportefeuljes, sowel as CVs en persoonlike inligting is in die webwerwe ingekoporeer.

Om na die webtuistes te kyk, kliek​ here.



29 May 2009

Voorsitter ontvang gesogte navorsingsbeurs

Prof. Lizette Rabe, Departementele Voorsitter, het onlangs die gesogte HB en MJ Thom-beurs vir dosente met navorsingsgeleenthede tydens 2009 ontvang.

Prof. Rabe is tans op navorsingsverlof en kan gerus by lrabe@sun.ac.za gekontak word.​




4 May 2009

Departement bied mini-konferensie op Internasionale Mediavryheidsdag aan

Die Departement Joernalistiek het Internasionale Mediavryheidsdag oudergewoonte met 'n mini-konferensie in die JS Gericke biblioteek, Universiteit Stellenbosch gevier. 

Die tema van die jaar se konferensie het mediavryheid onder die loep gestel en gefokus op mense, veral politici en bekende persone, se reg op privaatheid.

Die gassprekers was Katy Katopodis, groepsredakteur van Primedia se radiodiens en Hendrik Coetzee, ombudsman van Die Burger.​



24 April 2009

BPhil-klas stel verkiesingsblad saam

Die honneursklas het op verkiesingsdag (22 April) die strate van Stellenbosch ingevaar om mensestories en opiniestukke oor Suid-Afrika se vierde demokratiese verkiesing uit te snuffel en te skryf.
Die resultaat is in 'n verkiesingsblad saamgevat.

Kommentaar op die blad kan aan die redakteur Alet Janse van Rensburg by 14866382@sun.ac.za gestuur word.​



23 March 2009

BPhil-klas stel vierde Woordfees-publikasie bekend

Die BPhil-klas in die Departement Joernalistiek het pas hul Woordfees-publikasie, LIP, bekend gestel.

Sedert 2006 stel elke BPhil-jaargroep 'n LIP na afloop van die Stellenbosch Woordfees saam. Die publikasie is 'n vertoonvenster van die honneursklas se skryf-, uitleg- en redigeringsvermoë en is die eerste van drie publikasies wat hulle sal vervaardig. 'n Verkiesingsblad en Stellenbosch Media Forum (SMF) sal later die jaar verskyn.​



18 March 2009

Joernalistiekstudente kry graad en wen groot op gradedagvieringe

Twee MPhil-studente en vyf BPhil-studente het, benewens hul grade, pryse op die Departement Joernalistiek se jaarlikse gradedagvieringe ontvang.

Jacolette Kloppers en Emma de Villiers het albei 'n Goue Pen ontvang nadat hulle kop aan kop as die MPhil-topstudente aangewys is. 

Inge Lamprecht het die Car-prys as die jaar se BPhil-topstudent ontvang, asook die Rowland Hill-prys vir die beste BPhil in-diepte projek (honneursskripsie). Sy het die laasgenoemde prys met Christiaan Boonzaier gedeel wat ook die ORMS Fotografie-prys vir die beste BPhil-fotoportefeulje gewen het. 

Carolyn Meads het die Ton Vosloo-prys vir kreatiwiteit en innoverende denke gekry, terwyl Thania Gopal die PJ Cillié-prys vir uitnemende formulering ontvang het. Jason Boswell het die Darwin-prys vir kritiese denke ontvang.

Altesaam 21 BPhil-studente en sewe MPhil-studente van die departement het op 18 Maart hul onderskeie grade by die US se gradeplegtigheid verwerf.​



27 February 2009

Wetenskapsjoernaliste uit Afrika kom op Stellenbosch byeen

Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Wetenskapsjoernaliste (in Engels: South African Science Journalists' Association) het saam met die Departement Joernalistiek tussen 22 en 27 Februarie 'n konferensie oor klimaatsverandering en wetenskapverslaggewing aangebied.

Wetenskapsjoernaliste van o.a. Suid-Afrika, Marokko, Egipte, Ghana en Nigerië het die konferensie bygewoon.

Die konferensie met die titel ''Klimaatsverandering en die Media: Hoe wetenskapsjoernaliste 'n verandering kan maak'' is gedeeltelik deur die Deense regering en die Suid-Afrikaanse Departement van Omgewing en Toerisme befonds.

Verskeie Deense konferensiegangers het beoog om die Verenigde Nasies se Konferensie oor Klimaatsverandering (COP15) te bemark. Dit vind in Desember 2009 in Kopenhagen, Denemarke plaas.​


25 February 2009

Nuwe waarnemende voorsitter vir Departement Joernalistiek

Mnr Gabriël Botma, dosent aan die Departement Joernalistiek, sal in 2009 die pos van waarnemende voorsitter inneem.

Mnr Botma sal die huidige departementele voorsitter, Prof. Lizette Rabe, se skoene moet volstaan omdat sy dié jaar op navorsingsverlof is.

Kontak gerus vir Mnr Botma by gbotma@sun.ac.za of 021 808 3488.​




24 February 2009

Departement verwelkom tweede vroulike Rykie van Reenen-genoot in 11 jaar

Me. Anastasia de Vries sluit haar hierdie jaar by die Departement Joernalistiek se personeel aan nadat sy onlangs aangewys is as die departement se Rykie van Reenen-genoot. Sy is die tweede vrou in 11 jaar wat hierdie pos beklee.​