Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nuus

Die SciMathUS-studente is terug op kampushttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7442Die SciMathUS-studente is terug op kampusDr Janina Theron
Dit is nodeloos om te noem dat 2020 sover nog nét skokkend vir Suid-Afrika en die res van die wêreld was. Die Covid-19 pandemie het verder die akademiese wêreld op 'n ondenkbare vlak ontwrig. Ons het onsself in 'n situasie bevind waar ons ons daaglikse klasse op kampus moes staak en 'n nuwe leerprogram aanlyn moes volg. Terwyl dit vir dié studente wat bekend was met e-Leermetodes maklik was, was dit nie die geval vir ander nie. Die algemene SciMathUs-student bevind hom/haar in die laasgenoemde groep. Die SciMathUS-program lok spesifiek studente van opvoedkundig-agtergeblewe agtergronde en bied hulle die kans om hul NSS-punte vir Wiskunde, Natuur- en Skeikunde, sowel as Rekeningkunde te verbeter. Dit is 'n intensiewe jaarprogram gebaseer op versnelde onderrig- en leermetodes.

Toe die opskorting van klasse in die onderwysinstellings deur die Ministers van Onderwys (DBO & DOO) aangekondig is, moes SciMathUS (Science and Maths at the University of Stellenbosch) soos alle ander studente die kampus middel-Maart skielik verlaat. Ná die inwerkingtreding van die reguleringsbepalings wat opgestel is, het die personeel en studente van hierdie program sedert 31 Maart hierdie jaar 'n nuwe pad van onderrig en leer, genaamd 'aanlyn' begin.

Alhoewel die SciMathUS-studente ietwat gewoond was daaraan om aanlyn te werk deur SUNLearn an WhatsApp-groepe, was om alleen, tuis en aanlyn te werk, 'n ander storie. Daar was nie net tegniese probleme soos konnektiwiteit, gebrek aan data en geen toegang tot rekenaars nie, maar studente het hul nou in 'n heel ander omgewing bevind. Waar daar eens ondersteuning, gefokusde eweknieë en onverstoorde studietye in die koshuis op kampus was, moes ons studente nou voldoen aan die reëls en roetines van die huis- en gesinslewe, tesame met die daaglikse roetine van aanlynklasse. Daar was bloot geen sprake van die opskorting van klasse nie; die fasiliteerders het 'n daaglikse rooster opgestel om met studente in gesprek te tree en die leerproses aan die gang te hou.

Die studente moes hul eie roetes rondom hierdie uitdagende omstandighede bepaal met behulp van hul slimfone as 'n primêre middel van toegang tot SUNLearn en om opdragte op te voltooi. Tydens hierdie onsekere tye het ons studente besef dat hulle hul leer nóu meer as ooit in hul eie hande moes neem. Gedurende hierdie tyd – wat op die ou-end 13 weke in beslag geneem het - het hulle nie net akademiese inhoud gedek nie. Die kurrikulum is aangepas om ook te fokus op ondersteunende lewensvaardighede soos stres- en tydsbestuur en 'n uitgebreide kursus oor studiemetodes en –tegnieke is aangebied met die doel om hulle toe te rus vir hierdie nuwe studieomgewing. Studente was ook in hierdie tyd afsonderlik ondersteun met die aansoeke by hoëronderwysinstellings vir 2021 deur een van die personeellede van SciMathUS, mev. Elsje Beyers. Hierdie het alles via hul slimfone plaasgevind. Die geeskragtigheid wat ons studente in hierdie tyd getoon het, is onmiskenbaar.

Toe die regering die geleentheid bied dat 'n derde van die studente weer op kampusse toegelaat mag word, het die Universiteit van Stellenbosch die SciMathUS-studente geleentheid gegee om deel te wees van hierdie derde. Hierdie besluit was gebaseer daarop dat studente weereens 'n bevorderlike ruimte en praktiese hulpmiddels aangebied sou word wat krities is om hul SciMathUS-jaar te voltooi. Hulle het die naweek van 10 tot 12 Julie by die koshuis aangekom. Ná tien dae van kwarantyn is klasse van aangesig-tot-aangesig weer ingefaseer. Alhoewel die nuwe omstandighede en protokol iets is om aan gewoond te raak, is ons studente vasberade om die akademiese jaar op 'n hoë noot te eindig. Personeel en studente is opgewonde en dankbaar vir die geleentheid om weer in die klas te wees.

Opvoedkunde Studentekomitee gee terug vir Mandeladaghttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7437Opvoedkunde Studentekomitee gee terug vir MandeladagWilliam Sezoe
​Die Opvoedkunde Studentekomitee (OSK) in samewerking met die Beyond Education-span en Messiah Industries het maskers en handsaniteerders by vyf plaaslike laerskole oorhanding om Mandeladag te vier. Die skole sluit in Kayamandi Primêr, Rietenbosch Primêr, Matroos Holy Trinity R.K Primêr, Elnor Primêr en C.L Wilmot Primêr.

Die behoefte is raakgesien om uit te reik na minderbevoorregte skole wat nie al die basiese behoeftes aan leerders en onderwysers kan voorsien nie. Hierdie inisiatief was daarop gemik om 'n bydrae te lewer tot die voorsiening van nuwe basiese behoeftes soos maskers en handsaniteerders om sodoende die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Volgens Lindie Fortuin, 'n onderwyser van Holy Trinity R.K Primêre Skool in Elsiesrivier, is die skenking 'n merkwaardige bydrae wat met ope arms verwelkom word. “Ons leerders het die maskers met dankbaarheid ontvang. Ons het dit oorhandig aan leerders wat dit die nodigste het. Die entoesiasme van die Matie-studente is verblydend en ons waardeer die feit dat ons skool een van die skole op hulle harte was vir hierdie jaar se Mandeladagvieringe. Ons as skoolgemeenskap hoop dat die OSK se vlam van welwillendheid altyd hoog in hul harte sal brand."

Matie-onderwysstudente motiveer matrieks landwydhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7388Matie-onderwysstudente motiveer matrieks landwydWilliam Sezoe
Onderwysstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs ’n Matriek Oorlewingshandleiding vrygestel met wenke en lewensadvies om die klas van 2020 te help. Die Matie het vroeër berig oor hierdie studente wat deel is van die Beyond Education (BE) Program wat aktiwiteitspakkette vrygestel het om gr. R- tot gr. 9-leerders gedurende die inperking akademies besig te hou. Dié inisiatief vorm deel van die Onderwys Studente Komitee (OSK) se Sosiale Impak Portefeulje van die US se opvoedkunde-fakulteit.

Die groep sou aanvanklik tydens die nuwe kwartaal 'n skool besoek om vir matrikulante die nodige ondersteuning en motivering te gee, maar met die uitbreek van die Covid-19-pandemie moes die span aan 'n meer effektiewe manier dink om die leerders te bereik. Volgens Marcel Adams, stigter van die projek, het die groep net ná die aktiwiteitspakkette-inisiatief begin werk aan 'n oplossing om die matrikulante ook te bereik. Hulle het toe besluit om 'n Matriek Oorlewingshandleiding op te stel, nie net vir die skool wat hulle aanvanklik sou besoek nie, maar vir alle matrikulante regoor Suid-Afrika.

“Die projek se hooffokus is om vir ons matrikulante bewus te maak van die ondersteuning wat daar is. Ons almal was al in matriek en ons weet hoe stresvol dit kan wees. Dus het ons daaraan gedink om vir die matrikulante hierdie ondersteuning te gee, al is dit aanlyn," sê Adams.

Die pakkette vir matrikulante het binne die eerste week van vrystelling meer as drie provinsies bereik, insluitend die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Volgens Adams is die pakkette gratis beskikbaar op die OSK se Facebook-blad en word dit deur verskeie nieregeringsorganisasies en hoërskole op sosiale media platforms versprei. Die pakkette is ook soos die aktiwititeitspakkette in PDF-formaat geskep en word deur die sosiale media platforms WhatsApp en Facebook versprei om dit meer toeganklik vir alle matrikulante te maak.

Die pakkette bestaan grotendeels uit wenke oor hoe om die matriekjaar te oorleef. Dr. Lynne Damons, opvoedkundige sielkundige aan die US se opvoedkunde-fakulteit, het saam met die groep studente hande gevat en 'n paar kritiese wenke gedeel oor die belangrikheid van die handhawing van goeie geestesgesondheid in hierdie tyd.

“Ons geestesgesondheid het 'n groot effek op die manier hoe ons dink, voel en op situasies reageer. Dit bepaal ook hoe ons met stres te werk gaan, hoe ons met ander kommunikeer en hoe ons besluite maak. Dus is dit belangrik dat ons na ons geestesgesondheid moet omsien en altyd moet uitreik na hulp indien ons sukkel," sê dr. Damons.

Sy voer verder aan dat die inisiatief 'n groot aanwins is vir die opvoedkunde-fakulteit, die Universiteit en die gemeenskappe wat daarby baat vind. “Die manier hoe dit saamgestel is en hoe die taal gebruik word, maak dit baie toeganklik vir almal. Die feit dat dit bestaan uit maklike, praktiese wenke en ervarings van ons studente, wat ook op 'n stadium in matriek was, maak dit soveel vriendeliker en lekkerder om te gebruik," noem dr. Damons.

Alice White, 'n tweedejaar-onderwysstudent aan die US is een van die studente wat haar matriekervaring in die pakket deel. Sy noem dat dit vir haar van kardinale belang is om haar ervaring te

deel om sodoende vir die klas van 2020 te wys dat alles moontlik is ten spyte van waar ons onsself bevind.

“Ek moes my ervaring deel, omdat ek baie gereeld nie as 'n 'akademikus' beskou word nie. Ek wil die klas van 2020 wys dat alles moontlik is as jou ingesteldheid reg is. En dat jy suksesvol kan wees as jy jou beste gee, maar dat jy ook terselfdertyd genoeg na jouself kyk, kalm bly en jou doelwitte bereik," noem White.

Sy glo dat die inisiatief “'n wonderlike idee is om matrikulante te help en te ondersteun sodat hulle akademies, geestelik en emosioneel kan slaag", om sodoende in 2021 hulle verdere studies te begin aan 'n universiteit van hul keuse.

THE MATRIC SURVIVAL GUIDE PDF

*Hierdie artikel is verkry uit Die Matie.

MobiLex: Veeltalige glossariumprojekhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7385MobiLex: Veeltalige glossariumprojekDr Michele van der Merwe
​Die US Fakulteit Opvoedkunde ​se glossariumprojek is in 'n gratis toegang selfoontoepassing, genaamd MobiLex ontwikkel. Akademici in die fakulteit stel 'n glossarium saam as deel van die fakulteit se taalplan om veeltaligheid te bevorder. Die MobiLexprojek is 'n poging om die akademiese geletterdheid van voorgraadse studente te verbeter deur vakwoordeskat in 'n student se huistaal te verduidelik.

Studente kan terme wat hulle moeilik vind om te verstaan, of wat vreemd is, in Afrikaans, Engels of isiXhosa naslaan. Die glossarium verskaf terme in drie tale, sowel as 'n kort, vakspesifieke definisie in die gebruiker se voorkeurtaal. Tans is daar terme in opvoedkundigverwante vakke soos geskiedenis, wiskunde, natuurwetenskap, geografie, ekonomiese en bestuurswetenskappe, opvoedkundige sielkunde, taalopvoeding en kurrikulumstudie.

Die selfoontoepassing is sopas opgegradeer, met nuwe funksies soos 'n navraagblad waar gebruikers navrae rakende terme kan rig, asook 'n terugvoerbladsy waar terugvoer aan die samestellers van die woordeboek verskaf kan word. Hierdie vernuwings verseker meer interaksie met gebruikers. Die toepassing is gratis bekombaar in die Apple Appstore, asook Google Play en kan afgelaai word om gratis te gebruik.

“Daar is 'n definitiewe verband tussen studente se woordeskat en akademiese skryfvaardighede," volgens projekbestuurder, dr. Michele van der Merwe van die Departement Kurrikulumstudie. “Die terugvoer wat ons ontvang, is dat MobiLex gebruikersvriendelik is en nuttige inligting bevat. Studente gebruik dit in die klas, terwyl hulle hersiening doen en ook wanneer hulle studeer. Huistaalsprekers van die opgenome tale dui aan dat hulle gereeld van MobiLex gebruik maak vir taalondersteuning."

MobiLex is nie net op studente as gebruikers gemik nie, maar ook op dosente om onderrig te integreer en te verryk. Die glossarium kan gebruik word vir beter begrip van vakterminologie en gevolglik van 'n vakgebied, om nuwe konsepte in 'n lesing bekend te stel, om 'n netwerk van betekenisse saam te stel, om die korrekte term vir 'n definisie te vind, asook vir die vertaling van terminologie. MobiLex het veral gedurende aanlynonderrig 'n belangrike funksie om te verrig.

Die projek word ondersteun deur befondsing van onder meer Finlo, die Departement van Kuns en Kultuur (HLT projekte) en die Universiteitskapasiteitsontwikkelingsfonds.

Onderwysers onderrig met moed gedurende die COVID-19-pandemiehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7372Onderwysers onderrig met moed gedurende die COVID-19-pandemieAslam Fataar
Deur middel van omgeepraktyke, pak onderwysers die uitdaging van onderrig gedurende die COVID-19-pandemie moedig aan, skryf prof Aslam Fataar van die Departement Opvoedingsbeleidstudie in ʼn meningsartikel vir Daily Maverick (22 Junie).

Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

Aslam Fataar*

Die “nuwe normaal" in skole gedurende die COVID-19-pandemie hou baie uitdagings vir onderwysers in. Hulle het hul bedenkinge oor die haas om skole te heropen in omstandighede waar sanitasie, diepskoonmaak en fisieke afstandskepping moeilik gewaarborg kan word. Hulle is veral senuweeagtig oor infeksiepieke onder onderwysers met immuungekompromitteerde gesondheidsprofiele. Hulle is egter ook angstig en gretig om die beste manier te vind om die kurrikulum vir hul leerders aan te bied.

In ons hoedanigheid as opvoedkundige akademici is ons betrokke by voortdurende prosesse om onderwysers en kurrikulumadviseurs te ondersteun om hul kurrikula en onderrig aan te pas ten einde die COVID-19-omstandighede aan te spreek. Ons interaksie met hulle het getoon dat baie onderwysers die tweede myl loop om hul onderrig in hierdie ingeperkte omstandighede aan te pas.

Onderwysers het gewaarsku oor 'n aanlyn-leerbenadering tot die kurrikulum. Hulle het gevoel dat hierdie benaderings leer in die middelklasskole, wat op die oog af hul sillabusse moeiteloos aanlyn verskuif het, bevoordeel.

Die probleme wat met aanlyn-leer verband hou, word in meer gemarginaliseerde skole vererger. Die onderwysers in hierdie skole waarmee ons werk, het aangedui dat hulle aandag moet gee aan groterwordende uitdagings in gesondheid, hongerte en psigososiale omstandighede onder die hul leerders. Dit is te verstane dat die onderwysers se omgeepraktyke 'n beduidende deel van hul professionele betrokkenheid gedurende hierdie pandemietyd geword het.

Hulle sukkel om op die lewering van die kurrikulum te fokus binne 'n konteks waar die regering daarop aandring dat die “skooljaar gered moet word". Nogtans wy hulle hul aandag daaraan om hul onderrig aan te pas.

Die werklikheid en beperkings van aanlyn-leer

Gedurende die staat van inperking het die lewering van die kurrikulum aanlyn – meer akkuraat aangedui as noodafstandsonderrig – die standaardmetode van onderrig geword. Regerings, onderwysbestuurders en IT-ondernemings het aanlynleer sterk aangemoedig.

Terwyl aanlyn-leer as 'n doeltreffende manier beskou word om die kurrikulum te dek, kan die benadering bevraagteken word. Onderwysers is geneig om hul aanlynonderrig op oordragtipe-onderrig te grond, wat tot oppervlakkige papegaaileer lei. Die inhoud van die kurrikulum word tot op die been gestroop, terwyl terugvoering en assessering uitdagend is. Ons gesprekke met verskillende groepe onderwysers in werkersklasskole deur middel van die Teams en Zoom-platforms wek kommer oor aanlynleer en die oproep tot selfgerigte leer.

Onderwysers sê hulle uitgeput omdat hulle sukkel om tred te hou met die behoefte aan deurlopende aanlyn-interaksie met hul leerders en ouers. Hulle bekommer hulle daaroor of die werk wat hul leerders tuis doen, voldoende en toepaslik is.

Die vernaamste klagte oor aanlyn-onderrig is die voortbestaan van ongelykheid in die onderwys, wat veral in Suid-Afrika toepaslik is weens die geweldige gaping tussen ryk en arm. Die onderwysers het my daaraan herinner dat slegs 15% van alle huishoudings oor voldoende rekenaartoestelle en die nodige internetverbinding vir toegang tot aanlyninhoud beskik. Terwyl die middelklasskole naarstigtelik besig was om hul leerders via aanlynplatforms te onderrig, dui ander onderwysers se weergawes daarop dat hul ervarings van aanlynonderrig baie ongelyk was.

Werkersklasskole probeer om onderrig via aanlynplatforms aante bied. Maar aanlyn-leer is uiters moeilik in hierdie skole weens die gebrek aan toestelle en internetverbinding. Dit het duidelik geword in ons werk met onderwysers in 'n laerskool. Ons het die skool gehelp om leerhulpbronne soos werkblaaie en leestekste as aanlyn-inhoud te verpak. Ons het saam met die onderwysers gewerk om hierdie bronne via WhatsApp te deel, wat die enigste tegnologie is wat maklik toeganklik vir ouers in die werkersklas is.

Hoewel die ouers die WhatsApp-boodskappe ontvang en gelees het, het die onderwysers gou agtergekom dat die ouers nie oor die nodige data beskik het om die hulpbronne af te laai nie. Die onderwysers moes toe terugval op die uitdruk van leermateriaal wat ouers dan by die skool moes gaan afhaal. In sommige gevalle kon die onderwysers aan die ouers verduidelik hoe om hierdie leermateriaal te gebruik om hul kinders te help leer.

Onderwysers het begin om 'n onderrigbenadering te ontwikkel wat op die interaktiewe gebruik van onderrig in die klaskamer, WhatsApp-boodskappe, WhatsApp-gesprekke, beperkte gebruik van aanlyn-platforms, leermateriaal wat op geheuestokkies gelaai word en die uitdruk van materiaal gegrond is.

Wat hieruit voortgevloei het, is 'n kombinasie van kontakleer, die gebruik van aanlyn-platforms en deelbare onderriginhoud wat onderwysers in werkersklasgemeenskappe in staat stel om doeltreffend met onderrig voort te gaan. Onderwysers is besig om te ontdek hoe om hierdie verskillende formate in die konteks van verminderde kontakleer en in situasies waar tuisleer noodsaaklik geword het, te gebruik.

Onderwysergerigte multimodale leer

Wat steeds die kern van hierdie onderwysers se werk bly gedurende die pandemie, is die besef dat die veelvoudige modes van onderrig en leer daar is om die onderwysers te help en om hul sentrale verhouding met leerders in stand te hou. Die onderwysers staan daarop dat kontak in die klaskamer steeds die hoeksteen van leer moet bly. Onderwysers en die sosiale leer wat in die klaskamer plaasvind, kan nie deur digitale konneksies vervang word nie.

Onderwysers was verbyster toe sommige departementele beamptes met die idee van “selfgereguleerde studenteleer" as die steunpilaar van leer in die huidige konteks vorendag gekom het. Hulle het geweier om 'n siening oor onderwys te aanvaar wat daarop sinspeel dat leerders individueel en persoonlik tuis en deur aanlyn-interaksies vir hul eie leer verantwoordelik sal wees.

Namate hulle meer ondervinding in die veelvuldige metode van onderrig en leer opgedoen het, het die onderwysers 'n rasionaal en 'n stel tegnieke ontwikkel wat op onderrig in die klaskamer by die skool gegrond is om met hul leerders oor kurrikulêre leer te kommunikeer.

Onderwysers beskou kontakonderrig as noodsaaklik om nuwe inhoud en konsepte aan te bied en te verduidelik, en om duidelike opdragte aan leerders te gee om hul tuisleer te rig. Dit bied en bou ook sosiale konneksies tussen leerders in hul interaksies met ander, waarop ook verder gebou kan word deur die gebruik van digitale metodes.

Onderwysers beskou as tuisleer as 'n geleentheid vir leerders om hul begrip van die inhoud van die kurrikulum te versterk en te verdiep. Onderwysers berei nie net verklarende notas voor om leerders tuis rigting met hul studies te gee nie, maar verskaf ook noukeurige opdragte en leertekste om leiding aan leerders te gee in hul omgang met die materiaal.

Met die verminderde kontakonderrig, kyk onderwysers ook na die maniere oor hoe leer tuis moet plaasvind. Een van die groot uitdagings is om te verseker dat leerders daaglikse roetines ontwikkel om hul skoolwerk te doen.

Ons gesprekke met die onderwysers het 'n benadering ontwikkel tot die bestuur van leerders se tyd op die dae wanneer hulle tuis leer, soos om te eksperimenteer met die verskaffing van vasgestelde tydgleuwe vir spesifieke vakke. Die leerders word aangemoedig om gedurende hierdie vasgestelde tye aan vakke te werk. Die onderwysers is dan op spesifieke tye vir konsultasie via WhatsApp-geselsgroepe beskikbaar vir die leerders. Dit lei tot baie produktiewe interaksies tussen die onderwyser en die klasgroep.

Onderwysers moedig leerders aan om die dissipline en verbondenheid te ontwikkel wat nodig is vir doeltreffende tuisleer. Hulle verskaf wenke oor leer en selfstudie en maniere waarop hulle hul huislike omstandighede kan bestuur om hul selfstudie te vergemaklik. Hulle oorreed hul leerders om vir hulself leerdoelwitte te stel, wat 'n deurslaggewende taktiek is om op koers te bly. Assessering van inhoudverkryging gedurende tuisleer vind in die klaskamer onder die wakende oog van die onderwyser plaas. Sommige onderwysers het aangedui dat hul huidige interaksie met hul leerders selfs meer is as te vore, wat 'n positiewe uitkoms is, terwyl ander bekommerd is oor die groot aantal leerders wat nie wil of kan deelneem nie.

Die onderwysers stuur WhatsApp-boodskappe van hul leerders oor inhoud en verskaf antwoorde, verduidelikings en leiding om deur die leermateriaal te werk. Hulle het aangedui dat hulle vinnige terugvoer van hul leerders kry oor hoe hulle met hul leer vorder, wat weer die onderwysers in staat stel om die klaskameronderrigtyd te gebruik om leergapings en foutiewe begrip aan te spreek alvorens hulle nuwe inhoud bekendstel.

Onderwysers het ook hul leerders aangemoedig om WhatsApp-geselsgroepe te stig om mekaar te ondersteun deur kommunikasie en steun.

In die geheel gesien, het 'n pedagogiek van sorg 'n belangrike plek ingeneem by die onderwysers saam met wie ons werk. Onderwysers pak die uitdaging van onderrig gedurende hierdie pandemietoestand moedig aan. Hulle is besig om veelvuldige onderrigmetodes te ontwikkel in hierdie nuwe omstandighede waar die vrees dat hulle met die virus besmet kan word, hulle gedwing het om hul onderrigmetodes in omstandighede wat dikwels uiters moeilik is, aan te pas.

Dit is moeilike tye. Dit bly hul belangrikste doelwit om hulleself en hul leerders veilig te hou. Hul onderwysaanpassings word gemotiveer deur die behoefte om dít wat 'n aansienlike verlies aan leer vir hul reeds benadeelde leerders sou beteken indien leer vir lang periodes gestaak sou word, aan te spreek. Baie onderwysers was absolute ware helde in hierdie pandemietyd.

* Aslam Fataar is 'n professor in die departement Opvoedingsbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch.

Dit vat 'n dorpie om ʼn kind groot te maak.https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7359Dit vat 'n dorpie om ʼn kind groot te maak.Dr Janina Theron
​Dit neem ʼn dorpie om ʼn kind groot te maak. Deur sy lewe het Elvin Hendricks stuk-stuk sy eie dorpie met inwoners gevul. Dit is deels aan hierdie groep mense wat hy sy sukses toeskryf. Eerstens, is Elvin ʼn oumaskind. Hy het met sy broers, niggies en neefs in sy ouma se huis grootgeword. Toe hiérdie pilaar egter in die begin van sy hoërskoolloopbaan oorlede is, het dinge in die huis ʼn ernstige wending geneem. Hy is van Stellenbosch na Gugulethu en in Graad 9 sluit hy by Hoërskool Heideveld aan. Nadat dinge by sy suster in Gugulethu nie uitgewerk het nie, moes Elvin terugtrek Cloetesville toe waar hy daagliks dou voor dag die trein skool toe moes haal. Hierdie nuwe roetine tesame met ongewenste huisomstandighede het die tol begin eis.

Een van sy klasonderwysers, Juffrou Witbooi, het opgelet dat iets hom terughou, en die potensiaal in Elvin raakgesien. Die skool het begin help met ondersteuning en sakgeld. Die Witbooi-gesin het hom aanvaar as een van hul eie en hy het naweke daar gaan bly en Sondae saam ʼn familiemaaltyd geniet. Dit was nie die enigste gesin wat hulle deur vir hom oopgemaak het nie. In graad 12 het Elvin by ʼn klasvriendin se gesin gaan bly. Hier het hy vir Tannie Wilhelmina, die matriarg van die gesin, gaan help waar sy werk, die Stellenbosch United Church.

By hierdie kerk is hy toe voorgestel aan Pastoor David, wat hom ook oor Elvin ontferm het. Ná weeklikse geselsies oor sy toekoms, het Pastoor David en die kerk ingespring om Elvin sy eerste stoot in die rigting van die Universiteit te gee; Elvin het met Prof Charl Cilliers, tóe die direkteur van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling ontmoet. By die SSVO het hy lank sielkundige ondersteuning ontvang en toe sy aansoek tot Stellenbosch nie aanvaar is nie, het Prof Cilliers SciMathUS voorgestel.

Gedurende sy SciMathUSjaar in 2012 het hy net soveel ondersteuning ontvang van die personeel en sy fasiliteerders. Dit was die klein goedjies, die mense wat belangstel in hoe dit gaan; hiérdie klein dinge was ʼn dryfveer vir Elvin. Tydens sy studieloopbaan by die Fakulteit Opvoedkunde, het die Stellenbosch United Church Education Fund vir hom finansiële ondersteuning gebied bó en behalwe sy Funza Lushaka beurs. Saam met hierdie ondersteuning, het die kerk vir Elvin ʼn mentor, Ulrike Reuter, aangewys. Hulle het tweeweekliks ontmoet en Elvin praat met deernis oor hoe baie sy vir hom beteken het. Ulrike het vir hom ondersteuning op nie net akademiese vlak gebied nie, maar uit haar pad gegaan om hom te help met sy geestelike welstand. Toe Elvin Berlyn toe gereis het vir ʼn akademiese kortkursus, was dit Ulrike wat hom bygestaan het met die verkryging van ʼn paspoort.

Vandag gee Elvin klas by Hoërskool Uniondale en staan hy in meer as een dorp vir die inwoners as Meneer 'Legend' bekend. Sy passie lê nie net met die vak wat hy aanbied nie, maar veral by die kinders met wie hy ʼn pad stap. Kinders én ouers is dankbaar vir die tweede myl wat Elvin ook saamloop. Hy het selfs gedurende die grendelstaat se skoolvakansie kinders oor Whatsapp uitgedaag met daaglikse wiskundige probleme.

Die goue draad wat duidelik deurgekom het tydens my en Elvin se geselsies – en daar was baie wat ongelukkig nie hierdie berig gemaak het nie (Elvin is byvoorbeeld as Primarius van Lobelia aangestel ná sy onderhoud vir die tesourierspos) – is sy dankbetuigings vir die individue wat hom oor sy lewenspad gehelp het om te kan wees waar hy nou is. Hy noem nie net grootkoppe soos pastore en professore nie, maar sê ook dankie vir Tannie Hendrikse by Akkommodasie sowel as Tannie Williams en Tannie Niemand by die Beursekantoor. Elvin is ʼn merkwaardige individu met ʼn groot dorpie wat agter hom staan. ​

Wanneer ons opvoeding skade aanrighttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7344Wanneer ons opvoeding skade aanrigNuraan Davids
Na aanleiding van berigte van rassisme by sommige hoër skole in Kaapstad se suidelike voorstede, skryf prof Nuraan Davids van die Departement Opvoedingsbeleidstudie in ʼn meningsartikel vir Cape Argus (11 Junie) dat skole veilige ruimtes behoort te wees waar leerders en onderwysers welkom voel.

​Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

Nuraan Davids*

Verlede Dinsdag (2 Junie) het leerder na leerder hulle tot sosiale media gewend om skandelike stories oor hul ondervindings by 'n hele aantal hoërskole in Kaapstad se suidelike voorstede te deel. Wat as 'n wêreldwye Instagram-neiging begin het – black lives matter so let's #blackouttuesday with a black square – met skole wat ondersteunende boodskappe geplaas het, het gou in 'n reeks baie ontstellende vertellings van leerders oor rassisme, diskriminasie, vernedering en uitsluiting ontaard.

Soos ek deur die een plasing na die ander gelees het, het die wasige ondervindings van leerders se vernedering, uitsluiting en ontmensliking gou genoeg so gesneeubal dat dit my laat begin twyfel het oor wat ek aan my eie kinders gedoen het deur hulle na dieselfde skole te stuur wat nou in sosiale media beswadder word. Wat het ek gehoop om te bereik deur historiese wit skole vir my kinders te kies terwyl hulle nie wit is nie? Hoekom het ek eenvoudig nie my by myself gehou en dit wat Apartheid so hard probeer het om by ons in te prent – dat my andersheid 'n onvergeeflike agterstand is – gevolg nie? My antwoord is redelik eenvoudig: Ek glo in die mens se vermoë om goed te wees en te doen, en ek dring daarop aan dat onderwysers die voorbeeld van hierdie goedheid moet wees.

Ja, ek is deeglik bewus van die werklikheid in Suid-Afrika dat, ondanks die ideologiese ondergang van Apartheid, rassisme, en die vernedering van ander wat daarin ingebed is, Suid-Afrika nog net so min verlaat het as wat dit die wêreld se sogenaamde grootste demokrasie, die VSA, verlaat het. Dit wil voorkom asof rassisme 'n deel van die menslike toestand is. Daarom is die skade wat dit aanrig, nie net tot die onderdruktes beperk nie.

Wanneer wit mense in hul eie oppermag glo en openlik beskrywings van wit-voorreg wegwuif, wys hulle dat hulle nie die vermoë het om presies te verstaan hoe kragtig en sistemies ras mense se narratief en lewens beheer nie. Dieselfde onvermoë – wat sommige onkundigheid sal noem – is duidelik in 'n verklaring wat een van die skole in reaksie op die plasings uitgereik het: “Ons [die skool] sal nie toelaat dat die gedrag van 'n paar bitterbekke ons reputasie of die algemene begrip van 'n uitstekende skool beswadder nie." Kom ons ontleed hierdie opmerking (of is dit 'n dreigement?) wat 'n mens na jou asem laat snak.

Eerstens, vergeet van die spreekwoordelike “ons", wat so dikwels deur mense wat te bang is om vir hulself te praat, gebruik word. Tweedens moet selfs net een “bitterbek" soos die soort op sosiale media sekerlik genoeg wees vir selfondersoek, eerder as hierdie flagrante vertoon van miskenning? Derdens, indien daar wel enige sprake van beswaddering hier is, hoe sal die skool sy onderwysers, wat (meer as een keer) van verfoeilike gedrag beskuldig word, beskryf, en hoe sal die skool homself in sy eie verewiging van hierdie optrede beskryf deur nie teen hierdie onderwysers op te tree nie. Verantwoordbaar. En my laaste vraag aan hierdie en ander skole wat dalk op die punt staan om soortgelyke verklarings uit te reik, is dit: Wat maak julle skool so wonderlik?

Natuurlik is dit waar dat hierdie skole talle uitstaande jongmense gehelp vorm het. Maar dit is net so waar dat hulle jongmense opgelewer het wat deur onderwysers en omgewings wie se etiese verantwoordelikheid dit is om te beveilig en te koester eerder as om af te breek, seergemaak en getraumatiseer is. Of skole dit wil erken of nie, hierdie plasings wat gevul is met pyn en woede, is net soveel deel van hul nalatenskap as wat hul beweerde edelheid is.

Wanneer ons oor rassistiese voorvalle by sommige skole in die suidelike voorstede nadink, moet ons ook oor die sosialisasie van ons jong mense dink. Jongmense het die kuns verfyn om dit wat hulle sien, na te volg, eerder as om voorgesê te word wat hulle moet doen. Indien hulle in rassisme en die miskenning van ander gesosialiseer word, is dit waarskynlik die tipe volwassenes wat hulle gaan word. En hier fokus ek my aandag op ouers wat nooit op die kantlyn van hul kinders se opvoeding moet staan nie. Wat leer jy jou kinders by die huis? Watse voorbeeld stel jy? Sê jy iets wanneer jy bewus word van wreedhede wat by jou kind se skool gepleeg word, en nie net wanneer jou eie kind betrokke is nie?

Jou stilte oor hierdie sake spreek boekdele vir jou kinders. Skole moet en behoort fantastiese plekke te wees waar jongmense uit verskillende agtergronde kan saamkom en saamwees. Hulle moet plekke wees waar almal voel hulle behoort. Dit is duidelik uit hierdie plasings dat iets in die gewete van jongmense ontwaak het teen die agtergrond van 'n Amerika wat tans polities en maatskaplik op sy knieë is.

Daar is baie teenstellings in die opvoedkunde – dit kan gebruik word om te bevry en dit kan gebruik word om te oorheers en te onderdruk, soos wat die geval gedurende Apartheid was. Wat onveranderlik bly, soos die Amerikaanse romanskrywer en aktivis James Baldwin ons herinner, is dat “namate 'n mens se bewustheid begin ontwikkel, begin jy die samelewing waarin jy opgevoed word, ondersoek". Dit wil lyk asof ons jongmense begin bewus word van hul opvoeding; hulle sien die kwaad wat aan hulle gedoen word, raak; dat hulle iewers langs die pad daarvan ontneem is om ten volle as mense raakgesien te word. Nog belangriker is dat hulle besef dat hul opvoeding hulle nie voldoende voorberei het op die samelewing waarin hulle nou hul pad moet vind nie. Dit is moeilik om te dink hoe die skole wat in die treurmare van plasings genoem word, soos gewoonlik kan voortgaan. Daar kom ernstige verwringing en oortredings in hierdie skole voor wat  eenvoudig net nie met oppervlakkige beleidsverandering aangespreek kan word nie. Wat hier van belang is, is etiese kwessies oor wat dit beteken om met menslikheid en waardigheid op te tree.

Die vraag is dus nie of ons skole bewus is van die tipes opvoedkundige ruimtes wat hulle verskaf nie, maar of hulle 'n gewete het oor wat reeds in hul “wonderlike" naam gedoen is. Die tyd het aangebreek vir skole om daad by hul woord te voeg. Ons moenie vergeet dat die “wonderlike" name wat skole so maklik kan aanhaal in hul regverdiging van ongeregtigheid, opgebou is en opgehou word deur die meganismes van 'n ongelyke onderwysstelsel nie. 'n Stelsel wat steeds in versteekte toelatingsvereistes vir sekere tipes leerders, die aanstelling van onderwysers en 'n klimaat van vervreemding floreer wat ongelykmaking en die verlies aan individuele identiteit as 'n vorm van aanvaarding vereis.

Dit het tyd geword om “wonderlikheid" te herdefinieer – om 'n definisie te vind wat by die beginsels van demokratiese geregtigheid, eerder as apartheid en koloniale venynigheid, aanklink vind. 'n Goeie vertrekpunt sal wees dat skole van daardie individue ontslae raak wie se rassisme net skade aanrig aan almal met wie hulle in aanraking kom. Niks goeds kan van sulke mense kom nie en die onderwys is beslis nie 'n beroep vir sulke lafhartigheid nie. Ten slotte, die feit dat oud- en huidige leerders hulself tot 'n openbare ruimte gewend het om hul frustrasies, woede en pyn te lug, bevestig dat hulle nie hul skool as 'n veilige ruimte beleef het nie. Om hierdie werklikheid te ontken, sal baie min vir die toekomstige “wonderlikheid" wat hierdie skole vir hulself in die vooruitsig stel, doen.

*Prof Nuraan Davids is 'n professor in Opvoedkundige Filosofie in die departement Opvoedingsbeleidstudies aan die Universiteit Stellenbosch.

"My passie is om vir dowe kinders skool te hou" https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7338"My passie is om vir dowe kinders skool te hou" Transformation Office | Disability Unit | AfriNEAD
​Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het laat verlede jaar aangekondig dat 2020 die Universiteit se Jaar vir Persone met Gestremdheid sal wees. Die hoogtepunt van die jaar sal die sesde konferensie van African Network for Evidence-to-Action in Disability (AfriNEAD), 'n hoogaangeskrewe internasionale netwerk, wees wat van 30 November tot 3 Desember 2020 by die US aangebied sal word. Om dit te vier en te eer, sal die Transformasiekantoor en die Eenheid vir Gestremdhede, te same met AfriNEAD, maandelikse meningsstukke of artikels deur persone met gestremdhede publiseer. Ons vierde stuk is geskryf deur Ilze Aaron—sy studeer tans vir 'n BEd aan die US se Opvoedkunde fakulteit.  ​

​​​Ek is Ilze Aaron, en ek is 22 jaar oud. Ek kom van die Paarl. Toe ek omtrent 9 of 10 jaar oud was, het my tannie opgemerk dat ek anders as ander kinders praat. Sy het voorgestel dat my ma my vir gehoortoetse Tygerberghospitaal toe neem. Daar het hulle bevestig dat ek 'n gehoorprobleem het. Twee dae later was my ma terug by die dokter om by hom te hoor wat sy kon doen om my te help. Hy het aanbeveel dat ek gehoortoestelle dra om die bietjie gehoor wat ek wél het te verbeter.

Die oomblik toe ek die gehoortoestelle aansit, was ek verwonderd oor alles om my wat ek skielik kon hoor – van die wind wat waai tot die voëls wat tjirp. Dit was 'n groot uitdaging en 'n reuse-aanpassing vir my, maar sonder my ma sou ek alle gehoor en spraak verloor het, so ek sal haar ewig dankbaar bly. Sy het my ure lank geleer hoe om woorde uit te spreek totdat ek dit reggekry het. Sy het my lewe so 'normaal' moontlik probeer maak.

Ek het my skoolloopbaan by die Primêre Skool Nederburg begin, en is later na die Hoërskool Labori in die Paarl. Daar het ek tot graad 8 in klasse van ongeveer 30 leerders skoolgegaan. Die onderwyser het my in die voorste ry laat sit sodat ek kon probeer liplees wat sy sê, maar ek kon nooit deelneem nie – ek kon nie die klas volg nie.

Toe hoor ons van die De la Batskool vir Dowes, waarheen ek uiteindelik in 2012 verskuif het. Die nuwe uitdaging was dat ek glad nie gebaretaal geken het nie. Ek moes drie maande lank ná skool ekstra klasse bywoon om Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) te leer sodat ek met my medeleerders kon kommunikeer. Ek het dit gelukkig vinnig baasgeraak. Teen die einde van my skoolloopbaan het ek selfs in my klasse as tolk tussen ons onderwyser en my medeleerders begin optree omdat die onderwyser nie vlot genoeg in SASL was vir die leerders om haar te verstaan nie.

Ek het ná matriek as 'n onderwysersassistent by die Dominikaanse Skool vir Dowes Wittebome gewerk, waar ek heelwat geleer het oor onderwys vir dowe kinders. Die De la Batskool het my eendag uit die bloute genader om te vra of ek daarin sou belang stel om aansoek te doen om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. Ek was aanvanklik onseker, maar nadat ek dit oordink het, het ek besef ek moes eenvoudig die geleentheid aangryp, so ek het my aansoek ingestuur. Ek het niemand vertel dat ek aansoek gedoen het nie, en het vir 'n paar maande nie eens my e-pos behoorlik gelees nie. Toe kom ek op 'n dag af op 'n ou, onoopgemaakte e-pos van die Universiteit Stellenbosch wat my gelukwens met my aanvaarding vir die BEd-program van 2017! Ek kon nie glo wat ek lees nie! Ek kon nie wag om my gesin te vertel van hierdie nuwe werklikheid wat op my wag nie.

Om my vir Matiewees voor te berei, moes ek 'n vergadering bywoon waar ek moes aandui wat my spesifieke kommunikasiebehoeftes was om te kon klas bywoon. Dit was 'n groot nuwe wêreld vir my, en die aanpassing was enorm! By dié vergadering was ek bevoorreg om my vriend Imran Bodalaji te ontmoet, nóg 'n dowe student wat saam met my BEd sou studeer, en skielik het ek nie meer so alleen gevoel nie. Ek het ook by dieselfde vergadering my eerste ervaring van 'n SASL-tolk gehad en ek was aangenaam verras.

Ons eerste dag van klas was vir my en Imran ewe moeilik. Ons het heeltyd verdwaal, en het nie die vaagste benul gehad waar ons vir ons klasse moes wees nie. Ons was ook onseker oor hoe ons met die ander studente in ons klasse moes kommunikeer. Ons bedank graag die Eenheid vir Gestremdhede en die Taalsentrum wat ons van SASL-tolke voorsien het om die kommunikasiehindernis uit die weg te ruim. Die tolke was van die begin af daar om seker te maak dat alle lesings en leermateriaal vir ons toeganklik is. Die wete dat ek ingesluit word, het my goed laat voel. Om van 'n dowe omgewing te beweeg na 'n wêreld waar almal kan hoor, was beslis 'n groot aanpassing.

Party studente het die inisiatief geneem en hulle fone of pen en papier gebruik om met ons te kommunikeer. Ander het ná klas na ons toe gekom om te vra waar hulle SASL kon leer en dit was vir my lekker om hulle na die Fakulteit Opvoedkunde se SASL-module te kon verwys. Almal was altyd verras om my stem te hoor as ek met hulle praat. Ek en Imran het ook vir 'n rukkie as tutors vir die SASL-module gewerk, en toe 'n vreemdeling my buite die klas in my eie taal groet, het dit my so goed laat voel. Mense wat nog nie gebaretaal kon gebruik nie, het ons gestop en gevra hoe 'n mens in gebaretaal groet of iets anders sê.

My passie is om vir dowe kinders skool te hou sodat hulle in hulle eie taal deur 'n ander dowe persoon onderrig kan word, en om vir hulle 'n rolmodel te wees. Ek wil hulle inspireer en seker maak dat hulle weet hulle kan hulle drome bewaarheid, ongeag wie of wat hulle is. Ek het besluit dat ek bo my omstandighede sal uitstyg en verandering in my dowe gemeenskap sal teweegbring, ongeag wat. Ek is opgewonde om my graad te ontvang sodat ek kan bewys dat dowe mense ook drome het, en dat ons enigiets kan bereik wat ons graag wil.

Wiskunde-identiteitsprojek help leerders met redenasiehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7238Wiskunde-identiteitsprojek help leerders met redenasieAsiphe Nombewu /Corporate Communication
​Die Universiteit Stellenbosch (US) se Wiskunde-identiteitsprojek help laerskoolleerders met wiskundige redenasie en is daarop gemik om 'n positiewe ingesteldheid jeens wiskunde te kweek.

Die Wiskunde-identiteitsprojek, wat daarop gemik is om 80 finalejaar-wiskundestudente aan 'n skoolomgewing bekend te stel, is nog 'n voorbeeld van hoe die US 'n naaf van betrokke onderrig en leer is wat sy studente op hul reis ondersteun om die graduandi-eienskappe soos deur die Universiteit uiteengesit, te ontwikkel.

Onder leiding van dr Erna Lampen, 'n dosent in die departement Curriculumstudies by die US se Fakulteit Opvoedkunde, het die wiskundeprojek reeds meer as 500 leerders betrek sedert dit in 2017 bekend gestel is.

“Die projek is 'n uitvloeisel van die benarde posisie van graad 8-leerders wat deurgesit word met uiters lae punte. Om dit aan te spreek, het ons die projek begin met 'n groep van 80 finalejaarstudente om met leerders van graad 4 tot 7 te werk.

“Ons het besluit om in hierdie projek ons aandag op die leerders se ingesteldheid, betrokkenheid en redenasie in wiskunde te vestig. Hoe gouer leerders verstaan dat wiskunde nie net oor punte gaan nie, hoe beter is hul betrokkenheid en so verander hul ingesteldheid jeens die vak. Ons wil hê leerders moet weet dat wiskunde ook oor intellektuele betrokkenheid gaan – ons leerders moet weet hul punte kan verbeter deur betrokke te wees en vrae te antwoord," sê sy.

Lampen glo laerskoolleerders se belangstelling in wiskunde moet aangewakker word sodat hulle wiskundige denkers kan word. Daarom fokus hulle op die bou van die kinders se identiteit as wiskundige denkers, eerder as om 'n klub te fokus.

Volgens Lampen is die projek ook daarop gerig om finalejaarstudente te leer hoe om op die regte manier op leerders se redenasie te reageer om betrokkenheid en bemiddeling as deel van hul akademiese werk te bevorder. “Ons met het in 2017–2018 met Laerskool AF Louw gewerk, en voor die algehele inperking het ons met Laerskool Cloetesville gewerk," sê sy.

“Ons wil finalejaarstudente met die nodige vaardighede toerus om leerders se redenasies in die klas raak te sien en aan te moedig. Ons finalejaarstudente moet leer om aandagtig te luister en dit wat die leerders sê, te interpreteer," voeg Lampen by.

Sy sê hoewel dit 'n uitdaging is vir een dosent om die studente se betrokkenheid te monitor, waardeer die skole hul hulp en is hulle bereid om saam te werk.

Lampen sê die projek is uit haar liefde vir wiskunde gebore. “My navorsingsbelangstelling is in die breër vakgebied van voordiensopleiding vir onderwysers, met 'n spesifieke fokus op leerder- en onderwyseridentiteite in verhouding tot probleemgesentreerde wiskunde.

Volgens haar is dit noodsaaklik dat die onderwyser in staat is om na leerders se redenasies op te let en daarop te reageer asook om konseptuele onderwysspraak veral in die inhoudgebiede van meetkunde en statistiek te ontwikkel. ​

US-onderwysstudente neem voortou in e-leerhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7241US-onderwysstudente neem voortou in e-leerWilliam Sezoe

Met onderwysstudente wat nie meer hulle praktiese ondervinding kan kry nie as gevolg van skole wat steeds gesluit is weens Covid-19, het onderwysstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) onlangs gratis aktiwiteitspakkette vrygestel om steeds tot leerders se opvoeding te kan bydra.

Die pakkette is saamgestel deur die Beyond Education-program, wat 'n inisiatief van die Onderwys Studente Komitee (OSK) se sosiale impak portefeulje is. Beyond Education is in Februarie vanjaar geloods, en hulle het kort voor die grendelstaat koppe bymekaargesit om 'n plan te beraam om leerders wat nie toegang tot internet en e-leermateriaal het nie te help.

Volgens Marcel Adams, stigter van die program en lid van die OSK, het die groep die aktiwiteitspakkette vir graad R tot graad 9 ontwerp om onderwysers, wat weens die inperking nie kan skoolhou nie, te help deur kurrikulum-relevante aktiwiteite saam te stel.

“Ons het besef dat onderwysers met die inperking nie alle werk kon afhandel vir die eerste kwartaal nie. Ons het ook besef dat nie almal die nodige toegang tot internet het nie, dus het ons dit goedgedink om in te spring," vertel Adams.

Adams sê die pakkette sluit aktiwiteite vir die leervakke Afrikaans, Wiskunde en Engels in. Dit is op so 'n manier opgestel dat dit via WhatsApp gedeel kan word, aangesien meeste mense toegang tot hierdie platform het.

Volgens Linmari Matthee, 'n vierdejaar-student wat ook deel van die program is, is daar reeds tot so ver as die Oos-Kaap en Namibië aanvraag vir die pakkette.

“Om deel te wees van hierdie inisiatief gee my werklik 'n warm gevoel in my hart, omdat ek eerstehands beleef het hoe dankbaar mense (tot in Oudtshoorn) is vir die hulp. Dit gee vir my ook 'n voorsmaak van wat ek moontlik volgende jaar as beginner-onderwyseres gaan moet doen en vir daardie ondervinding is ek dankbaar. Dit is vir my wonderlik om die projek as 'n groep, wat almal dieselfde doel in sig het, aan te pak. Dit gee my hoop vir wat die jeug nog gaan bereik," sê Matthee.

Volgens Adams wil hulle ook deur die program maatskaplike kwessies aanspreek deur skole te besoek en bewusmaking oor omgewingsbewaring te doen om hulle “deel as toekomstige onderwysers en leiers te beklemtoon".

Volgens Adams het verskeie van hul inisiatiewe platgeval, as gevolg van Covid-19 en die grendelstaat, maar hulle is intussen met nog 'n inisiatief besig. Hierdie inisiatief sal spesifiek matrikulante aanmoedig in die vorm van 'n handleiding met verskeie wenke en motiveringsboodskappe.

“Ons sou met die nuwe kwartaal 'n skool besoek om met die klas van 2020 te gaan gesels en om hulle te motiveer vir hul eindeksamen wat voorlê. Ons het wel met 'n nuwe manier na vore

gekom – om vir hulle 'n matriek-survivalguide elektronies op te stel – en deur dieselfde manier wat ons die aktiwiteitspakkette uitgestuur het, aan verskeie matrikulante aan te stuur," sê Adams.

Volgens prof. Michael Le Cordeur, voorsitter van Kurrikulumstudies by die fakulteit opvoedkunde, kan vorms van e-leer soos die pakkette wat die Beyond Education-groep ontwerp het, die nuwe normaal word.

“Die land sal nooit weer dieselfde wees nie. COVID-19 vra vir nuwe oplossings en nuwe denke. Elektroniese leer is verseker deel van die toekoms, maar as 'n land is ons nog ver van gereed daarvoor. Die departement van onderwys, maar ook ons as 'n universiteit, sal baie meer moet doen om die gaping te verklein," noem Le Cordeur.

Indien enige iemand wil betrokke raak, 'n bydrae wil lewer of meer oor die program wil uitvind, kan Adams gekontak word by 23240806@sun.ac.za.

Hierdie artikel is verkry uit​​​ Die Matie