Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys

​​​ 

SHVO.jpg 

Die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys (SHVO) is onder die leierskap van wyle Prof Chris Kapp gestig in 1997 as deel van die Departement Kurrikulumstudies in die Fakulteit Opvoedkunde aan Stellenbosch Universiteit. Die SHVO het gehou by die aanvanklike fokus op leer en onderrig in hoër en volwassene onderwysareas, maar ons werk het uitgebrei om 'n sterk fokus op nagraadse studieleiding, doktorale onderwys, en studente sukses in hoër onderwys in te sluit.

 

As sulks, fokus ons op nagraadse studies in die velde van hoër en volwassene onderwys deur middel van drie gefokusde nagraadse programme: die MPhil in Hoër Onderwys, die MPhil in Onderwys en Opleiding vir Lewenslange Leer, en die PhD program. Meer inligting oor hierdie programme kan aangetref word in die Universiteit se Jaarboek wat beskikbaar is by http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/Education.pdf  

 

Ons bied ook 'n tweejaarlikse kongres oor Navorsing in Nagraadse Studieleiding aan, waar 'n netwerk van akademici van regoor die wêreld byeenkom om die toonaangewende navorsing in dié veld te bespreek. Ons kortkursusse is gemik op kapasiteitsbou binne die wyer areas van nagraadse studieleiding en akademiese praktyk.  Sien asseblief die SHVO webblad vir meer inligting oor hierdie geleenthede, beskikbaar by www.sun.ac.za/chae

 

Beide Hoër en Volwassene Onderwys studies is klein, maar krities belangrike studievelde nasionaal en internasionaal, maar daar is min soortgelyke sentrums nasionaal en dus maak  ons 'n prominente bydrae tot die bou van hierdie studievelde binne Suid-Afrika. Ons navorsing fokus op die kernareas van hoër en volwassene onderwys, insluitend:


  • Nagraadse studieleiding

  • Doktorale onderrig

  • Studentesukses

  • Kreatiwiteit

  • Leer binne die werksplek

  • Dialoog

  • Gemeenskapsgebaseerde volwassene leer

  • Gestremdheid en volwassene leer

  • Leierskap, beheer en bestuur

  • Tegniese onderwys

  • Kurrikulumontwikkeling

 

Kontak ons gerus by:

Prof Liezel Frick (Direkteur: SHVO, Koördineerder: MPhil HO en PhD)

E-pos: blf@sun.ac.za

 

Prof Peter Rule (Koördineerder: MPhil LLL)

E-pos: Prule2015@sun.ac.za

 

Me Rhoda van Rensburg (Administratiewe beampte)

T +27 21 808 2277

E-pos: vanrensburgrhoda@sun.ac.za