Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Eenheid vir Navorsing oor Wiskunde-Onderwys (ENWOUS)

​​Die Eenheid vir Navorsing oor Wiskunde-Onderwys (ENWOUS) is 'n navorsingsentrum in die Departement Kurrikulumstudie. Die Eenheid is in 1983 tot stand gebring as een van 'n aantal navorsingseenhede in die sosiale wetenskappe wat op 'n langtermyngrondslag aan Suid-Afrikaanse universiteite deur die Stigting vir Wetenskapontwikkeling ondersteun word. 

​Die navorsingsprogram van die Eenheid is gerig op dieptebeskrywing en ontleding van leerders se wiskundige denke en begrippe en die ontwikkeling daarvan met die oog op navorsingsgebaseerde kurrikulumontwikkeling in skole. Die navorsing in die Eenheid word vanuit 'n konstruktivistiese perspektief op kennis en leer gedoen. Sedert die ontstaan van die Eenheid is navorsing veral oor leerlinge se rekenkundige en algebraïese denke en begrippe gedoen, en het navorsingsresultate reeds substansiële neerslag in die Wiskundekurrikulum vir die primêre-skoolfases in Suid-Afrika gevind. Die Eenheid het internasionale bekendheid verwerf vir sy navorsing oor die ontwikkeling van leerlinge se begrip oor deling, asook vir sy navorsing oor innoverende klaskamerpraktyke in samewerking met die National Centre for Research in Mathematics Education aan die Universiteit van Madison, Wisconsin.

'n Groot aantal nagraadse studente in Wiskunde-didaktiek het sedert die ontstaan van die Eenheid hul navorsing as deel van navorsingsprojekte binne die Eenheid gedoen.


Direkteur: Prof DCJ Wessels

dirkwessels@sun.ac.za​​​​​

Klik op die dokument om meer te lees oor die interessante geskiedenis en transformasie van ENWOUS.