Logistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vervoerekonomie: Voorgraads

​​​​​​​Dit is moeilik om te dink aan enige produk of persoon wat nie vervoer nodig het nie. Die oneweredige verspreiding van aktiwiteite – dink maar aan werk, woon en ontspanning – bring mee dat feitlik alle persone en goedere vervoer moet word. Hierdie vervoer lei egter tot verskeie ​kwessies soos kongestie op die paaie en in stede, omgewingsbesoedeling, 'n tekort aan nuwe infrastruktuur, asook die ontstaan van moordende mededinging en monopolieë in die vervoersektor. 

Vervoerekonomie het betrekking op die optimale toewysing van skaars hulpbronne binne die vervoersektor en tussen die vervoersektor en ander sektore in die ekonomie. In die vakgebied word die beginsels van binnelandse en internasionale vervoer bestudeer ten einde die grootste voordeel uit vervoervoorsiening teen die laagste aanwending van hulpbronne te bewerkstellig.


Loopbaangeleenthede

Wat werksgeleenthede betref, tree vervoerekonome dikwels op as konsultante vir die verskillende owerheidsinstansies en die privaat sektor. As vervoerekonoom gebruik jy vaardighede soos die vooruitskatting van vraag (byvoorbeeld die aantal ritte en die keuse van die vervoervorms) en aanbod (kapasiteit van nuwe vervoervorms), en die bestudering van metodes van finansiering van onderhoud, verbetering en uitbreiding van vervoernetwerke (soos tolgelde en padgebruikersheffings) om vervoerprobleme op te los.

Vervoerekonomie Brosjure


Raadpleeg asseblief die amptelike Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek vir meer inligting oor modulekombinasies en vereistes.