Logistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Logistiek en Voorsieningskettingbestuur: Voorgraads

Hierdie fokusarea is daarop gemik om jou voor te berei vir die verskeie uitdagende logistieke en voorsieningsketting-werksgeleenthede wat wêreldwyd in die openbare sektor en privaat besighede bestaan. Vanaf die grootste motorvervaardiger tot die kleinste produsent, en enige onderneming wat produkte koop en/of verkoop, elkeen het 'n behoefte aan logisties en voorsieningskettingsvaardige mense wat logistieke en voorsieningskettingaktiwiteite kan beplan, organiseer en beheer, plaaslik en internasionaal. Diensorganisasies (soos hospitale en restaurante) maak ook gebruik van logistiek en voorsieningskettingbestuur, om te verseker dat kliënte reg bedien word


Logistieke Bestuur Brosjure


Voorgraadse modules aangebied​

Logistiek en Voorsieningskettingbestuur word op die tweede- en derdejaarsvlak aangebied ​en kan as hoofvak in die meeste BCom-programme gevolg word. Logistiek en Voorsieningskettingbestuur kan ook as hoofvak in die BAgric en BScAgric-programme in die Fakulteit AgriWetenskappe gevolg word.


Raadpleeg asseblief die amptelike Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek vir meer inligting oor modulekombinasies en vereistes.