Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​"Onderwys is die kragtigste wapen waarmee jy die wêreld kan verander" - ​​​Nelson Mandela, ontvanger van ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch, 1996​​​

Om van ʼn universiteit te gradueer is ʼn groot stap in enigeen se lewensreis. Sodra jy jou graad verwerf het, vorm jy deel van die alumni-gemeenskap van jou universiteit en bly die Universit​eit Stellenbosch jou intellektuele tuiste. Die Alumni-kantoor streef daarna om alumni met hul almal mater in verbinding te hou nog lank nadat die euforie van graadvang verby is.​

​​Raak Betrokke​

Matie_green_edit.png​Wat beteken Matie-wees vir jou? Ons Altyd 'n Matie/ Always a Matie reeks dokumentêre films gee alumni en huidige studente die geleentheid om te praat oor die impak wat die Universiteit op hul lewens gehad het. As jy graag jou storie met ons wil deel kontak alumni@sun.ac.za. 


 Bly in Verbinding

Alumni-Hubs
Sal dit nie wonderlik wees om enige plek in die wê​reld te wees en te weet daar is 'n Matie naby jou of 'n Matie-netwerk waar jy kan inskakel nie? Ons het alumni-hubs regoor die wêreld, maar daar is altyd plek vir meer...  
Lees meer ›
Laat ons help
Of jy jou persoonlike inligting of jou adres wil wysig, jou akademiese dokumente of finansiële rekords​ benodig - die Alumni-span kan jou na die regte persone verwys om te help met hierdie administratiewe take.   
Lees meer ›
Matiestemme
Van wêreldbekende navorsers tot baanbrekers in die bedryf ̶ die Universiteit Stellenbosch spog met ‘n multikulturele gemeenskap van studente, personeel, alumni en ander aandeelhouers. Lees meer oor elkeen se reis in Matiestemme.​​
Lees meer ›