pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

nagraadse Studies​​​

      Waarom​ Stellenbosch?

​Woon op Stellenbosch​​

Wanneer jy op Stellenbosch woon, is dit moeilik om die Universiteit van die dorp te skei. ’n Groot deel van die identiteit van die dorp, wat tussen die prentjiemooi berge van die Kaapse Wynland geleë is, kom van die meer as 25 000 residensiële studente vir wie Stellenbosch ’n akademiese tuiste is. Dit skep ’n lewendige omgewing met diverse kulture en aktiwiteite​.

Die Universiteit Stellenbosch word as een van die voorste Suid-Afrikaanse universiteite gereken, en is trots daarop dat dit persentasiegewys een van die hoogste getalle nagraadse studente in die land het, van wie bykans 10% internasionaal is. Ons het ’n belangrike rol om te vervul in die ontwikkeling van Suid-Afrika en ons vasteland. Dít wil ons graag bereik deur seker te maak dat ons werk met die land se prioriteite strook sodat ons die intellektuele, wetenskaplike en tegnologiese vermoë van Afrika kan help bou.

Ons hoop jou verblyf hier, hetsy as student of besoeker, sal ’n aangename en verrykende ervaring wees, en dat jy spoedig na Suid-Afrika sal terugkeer​.​​​​

​​​​​​