Die doel van hierdie afdeling is om jou 'n aanduiding te bied van fooie vir die Universiteit se voltydse nagraadse studieprogramme. Suid-Afrikaanse studente hoef slegs die inligting oor klasgled in ag te neem. Internasionale studente moet klasgeld, die internasionale registrasiefooi, die internasionale onderrigfooi en diensgeld in aanmerking neem om hulle totale fooie te bereken. Let wel: Die bedrae vir lewenskoste is slegs 'n riglyn en word ne as 'n presiese begroting bedoel nie.
klasgeld
Klasgeld word bereken per graad/module waarvoor ’n student ingeskryf is, en volgens die bepalings van die betrokke fakulteit.
Klik
hier vir ’n lys van die Universiteit se vernaamste studieprogramme saam met die geskatte studiefooie per jaar soos in 2023.
INTERNAsionale studentegeld
Let asseblief op die
fooistruktuur van toepassing op
internasionale studente vir die akademiese jaar 2023.
Akademiese fooie vir internasionale studente bestaan uit vier komponente:
- Dieselfde klasgeld as vir Suid-Afrikaanse studente (sien hierbo)
- 'n Jaarlikse internasionale registrasiefooi vir alle nie-Suid-Afrikaanse studente
- Die
internasionale onderrigfooi, 'n bykomende vaste bedrag wat jaarliks by registrasie gehef word vir die duur van 'n akademiese program
- Diensgeld vir akademies verwante dienste en verbruiksitems (betaalbaar deur alle studente, hoewel internasionale studente vooraf daarvoor moet betaal).
INTERNAsionale registrasiefooi
- Die internasionale registrasiefooi is jaarliks betaalbaar deur alle nie-Suid-Afrikaanse studente, wat asielsoekers insluit.
- Diegene met permanente verblyfreg en vlugtelingstatus hoef nie die internasionale registrasiefooi te betaal nie.
- Indien 'n aansoek om permanente verblyfreg teen die sluitingsdatum vir registrasie in die huidige akademiese jaar (in Maart en ooreenkomstig die Universiteit se Jaarboek, Deel 1) toegestaan word, sal die persoon toegelaat word om op grond van dié status te registreer. Indien die permanente verblyfreg egter ná hierdie datum in werking tree, sal dit eers in die registrasietydperk van die volgende akademiese jaar in ag geneem word.
- Indien 'n aansoek om vlugtelingstatus teen die sluitingsdatum vir registrasie in die huidige akademiese jaar (in Maart en ooreenkomstig die Universiteit se Jaarboek, Deel 1) toegestaan word, sal die persoon toegelaat word om op grond van dié status te registreer. Indien die vlugtelingstatus egter ná hierdie datum in werking tree, sal dit eers in die registrasietydperk van die volgende akademiese jaar in ag geneem word.
diensgeld
RESIDENSIËLE INTERNASIONALE GRAADSTUDENTE
Internasionale graadstudente, buiten diegene met permanente verblyfreg en vlugtelingstatus, moet hierdie jaarlikse heffing vir akademies verwante dienste en verbruiksitems betaal (bv. studentekaart, internet, fotokopiëringskwota, drukkrediete, waskwota, materiaalkoste, laboratoriumfooie, gimnasiumlidmaatskap, verenigings, ensovoorts). Enige diensgeldkrediet is terugbetaalbaar aan die einde van die akademiese jaar, of kan na die volgende akademiese jaar oorgedra word.
NIERESIDENSIËLE INTERNASIONALE GRAADSTUDENTE
Nieresidensiële internasionale graadstudente hoef nie vooraf diensgeld te betaal nie. Indien ’n student egter enige dienste op sy/haar studenterekening bekom, moet die rekening vereffen word teen die datums wat op die studenterekening aangedui word.