pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement siviele ingenieurswese

HOE OM AANSOEK TE DOEN

Benewens die voltooiing van die aanlyn aansoekvorm, moet voornemende studente ook die departementele aansoekvorm invul en saam met die stawende dokumente aanlyn indien. Klik HIE​R vir verdere inligting oor aansoeke.

NAVORSINGSGEBIEDE

Die Departement konsentreer veral op die terreine van hidrouliese en omgewingsingenieurswese, vervoeringenieurswese, plaveiselingenieurswese, strukturele ingenieurswese, betroubaarheidsontleding, konstruksie-ingenieurswese en siviele-ingenieursinformatika. Goed toegeruste laboratoriums maak navorsing op alle spesialiseringsgebiede moontlik​.

Konstruksie-Ingenieurswese en -bestuur

Hierdie studieterrein handel oor bestuur op alle gebiede van infrastruktuurontwikkeling, met inbegrip van die kliënt, konsultant en kontrakteur. Die navorsingsgebiede is afgestem op groot projekte en konsentreer op modulêre konstruksie, konstruksierisikobestuur, ontwerpbestuur en infrastruktuurbestuur.

Water- en Omgewingsingenie​urswese

Spesialiseringsonderwerpe sluit in waterhulpbronontwikkeling en -bestuur, opbrengsontleding, laevloei- en vloedhidrologie, rivierhidroulika, die ontwerp van hidrouliese strukture soos damme, tonnels en pompstasies, waterdienste, watergehalte en waterbehandeling, sowel as kus- en hawe-ingenieurswese. Die US is die leier in Suid-Afrikaanse navorsing oor rivierhidroulika, die ontwerp van hidrouliese strukture, en kus- en hawe-ingenieurswese. Kus- en hawe-ingenieurswese is een van die nagraadse spesialiserings-onderwerpe in wateringenieurswese, en die US is die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat dit aanbied. Hierdie nagraadse program word vir vol- én deeltydse studente aangebied. Aanbieding vir deeltydse studente geskied deur middel van sowel blokkursusse as internetgebaseerde onderrig​. 

Strukturele Ingenieurswese en Siviele-Ingenieursinformatika

Strukturele Ingenieurswese - Die klem val op staalkonstruksie, gewapendebetonkonstruksie en strukturele gedrag, die ontwikkeling van sementgebaseerde boumateriaal, strukturele betroubaarheid, en die ontwikkeling van ontwerpkodes, ondersteun deur berekenings- en eksperimentele meganika.
Siviele-ingenieursinformatika - THier val die klem op fundamentele metodes, modelle en prosesse van siviele ingenieurswese sowel as inligtingstegnologie. Dit lê die grondslag vir die stelselmatige kartering van rekenaarprobleme sodat die potensiaal van inligtingstegnologie ten volle ontgin kan word.

Geotegniese en Vervoeringingenieurswese

Vervoeringenieurswese, Plaveiselingenieurswese en Geotegniek - Die spesialiseringsonderwerpe in vervoeringenieurswese is intelligente en openbare vervoerstelsels, vervoerveiligheid, vervoerbeplanning en verkeersingenieurswese. Op die gebied van plaveiselingenieurswese is die spesialiseringsonderwerpe plaveiselmateriaal, gevorderde asfalt- en betonplaveiselontwerp, plaveiselbestuurstelsels, padplaveisel-evaluering en -rehabilitasieontwerp. Op die terrein van geotegniek word die ingenieurseienskappe van grond, die wisselwerking tussen grond en geotekstiele sowel as die verbetering van probleemgrond ondersoek​​.​​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES
 NAGRAADSE DIPLOMAS ​​ MAGISTERGRADE​​
​​​​​​​​ DOKTORALEGRADE
Aansoekproses