Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visie en Missie


Die visie van die Departement Bedryfsielkunde is:


'n Departement wat deur al sy belanghebbendes gesien word as ʼn leidende akademiese instelling van Bedryfsielkunde in die RSA, gerespekteer op ʼn internasionale vlak, en binne die US ʼn rolmodel vir ander akademiese departemente.

 

Die departement streef aktief in terme van sy visie om die volgende te doen:

 



 

Plaas hul gegradueerdes in die mark as Professionele, Wetenskaplike, Strategiese Sakevennote, wat tegelykertyd die rolle van Bedryfsielkundiges of Menslikehulpbronpraktisyns, Gedragswetenskaplikes en Sakevennote met selfvertroue en gemak kan vervul

Sy studente deur onderrig te bemagtig om kreatief, professioneel en kundig mense in organisasies te bestuur om sodoende hul organisasies, hulself en Suid-Afrika maksimaal te bevoordeel;

Betekenisvol by te dra tot die uitbreiding van die dissipline van Bedryfsielkunde deur sy eie navorsing en dié van sy studente;

Sy sosiale- en omgewingsverantwoordelikhede teenoor die volle spektrum van die Suid-Afrikaanse samelewing te demonstreer deur vakkundige gemeenskapsdiens;

Deurlopend en oortuigend prakties die instrumentaliteit van die wetenskaplike metode en die daaruit voortvloeiende kennisbasis te demonstreer vir verantwoordelike en kreatiewe mensebestuur [in die veld van die Bedryfsielkunde].