Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

PhD-aansoekers

'n PhD graad by die Departement word slegs op grond van 'n proefskrif toegeken. Die Departement bied geen kursuswerk / gestruktureerde PhD-program aan nie. Die PhD-program kan óf deur die Doktorale Skool van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, óf deur die Departement gevolg word.  Slegs 'n beperkte aantal kandidate kan jaarliks via die Doktorale Skool vir die PhD-program geakkommodeer word.

Die volgende kriteria is van toepassing om vir toelating tot die PhD-program in die Departement Bedryfsielkunde via die Doktorale Skool of die Departement in aanmerking te kom:

  • U moet oor 'n erkende meestersgraad  met Bedryfsielkunde as hoofvak beskik vir die PhD in Bedryfsielkunde of met Menslikehulpbronbestuur as hoofvak vir die PhD in Menslikehulpbronbestuur;
  • As u aan 'n nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, moet u universiteit deur die Nagraadse Kantoor van die Universiteit Stellenbosch erken en goedgekeur word;
  • U moet 'n gemiddelde prestasiepunt van 65% in die magistergraad in Bedryfsielkunde of Menslikehulpbronbestuur behaal vir die betrokke PhD's
  • U moet 'n omvattende navorsingsvoorstel ontwikkel wat aan die navorsingsverwagtings van die Departement voldoen

Vir meer  inligting rondom die aansoek prosedures  via die Departement vir toelating tot die PhD-program aansoek kontak Me Coreli CIllie by 021 808 3005 of cmcillie@sun.ac.za

Om vir toelating tot die PhD-program via the Doktorale Skool aansoek te doen, moet u die aansoek direk aan die Doktorale Skool van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe rig.

In die geval van die departementele aansoek, benodig ons die volgende bykomende inligting om u aansoek te verwerk:

1. Die tipe magistergraad wat u voltooi het [volledige proefskrif of gestruktureerde meesterstudie] en die titel van die proefskrif.

2. 'n Samevatting van u magistertesis.

3. 'n Afskrif van 'n manuskrip wat vir publikasie voorberei of aanvaar is, en wat oor u magisternavorsing verslag doen [indien beskikbaar].

4. 'n Omvattende doktorale navorsingsvoorstel. Die navorsingsvoorstel moet minstens die volgende aspekte dek:

4.1 Agtergrond en noodsaaklikheid van die beoogde navorsing.

4.2 Navorsingsdoelstellings.

4.3 Literatuuroorsig:

4.3.1 Sistematiese, beredeneerde teoretiese argument wat op 'n teoretiese strukturele model uitloop.

4.4 Navorsingsmetodologie:

4.4.1 Navorsingsprobleme

4.4.2 Hipoteses van die ondersoek

4.4.3 Navorsingsontwerp

4.4.4 Monsterneming

4.4.5 Meetinstrumente / operasionalisering

4.4.6 Statistiese analise

4.5 Verwagte resultate en interpretasie

5.6 Verwagte gevolgtrekkings en aanbevelings [teoreties, prakties en verdere navorsing]

4.7. Geskatte bydrae van die studie om die opgestelde navorsingsdoelstellings te bereik.

Na ontvangs van al die nodige inligting sal die Departement 'n departementele keurkomitee aanstel wat u aansoek sal verwerk. Daarna sal 'n aanbeveling aan die Universiteit gerig word. 'n Voorwaardelike positiewe aanbeveling sal u die geleentheid bied om u voorstel volgens voorstelle van die keurkomitee te wysig. Verder word 'n kontakpersoon aan u toegewys om u te help met die verbetering van die aanvanklike navorsingsvoorstel. Nadat die vernaamste tekortkominge in die aanvanklike navorsingsvoorstel suksesvol hanteer is, sal 'n fakulteitskomitee genomineer word om die departement se aanbeveling te evalueer.  'n Onvoorwaardelike positiewe aanbeveling sal direk tot die benoeming van 'n fakulteitskomitee lei, wat die departementele aanbeveling sal evalueer.  Registrasie is onderhewig aan 'n gunstige fakulteitsevaluering. U kan versoek word om u navorsingsvoorstel gedurende een of albei fases van die keuringsproses te verdedig. As u aansoek suksesvol is, sal 'n promotor vir u aangewys word. Die aanvanklike navorsingsvoorstel sal vervolgens in samewerking met die promotor verfyn word. Die verfynde voorstel sal uiteindelik aan 'n departementele navorsingskomitee voorgelê word [moontlik ook met insluiting van kundiges van buite die Departement] om moontlike bykomende verbeterings vir die oorweging van die kandidaat en die promotor voor te stel.

Vir 'n doktorsgraad word 'n verhandeling vereis wat uit oorspronklike en onafhanklike navorsing spruit, (sien riglyne vir doktorale studie in die Jaarboek, Deel 1 en 10).

Programkoördineerder:

 

Prof. GP de Bruin

Tel:      +27 21 808 3009
E-pos:  deondb@sun.ac.za