Visie
Die belangegroep strewe na akademiese uitmuntendheid in Wiskunde en Wetenskap Onderwys.
Hierdie visie word deur die volgende waardes gedryf:
- Betrokkenheid
- Relevansie
- Akademiese integriteit
- Innoveer
- Respek vir diversiteit
Missie
Die belangegroep wil die status en kwaliteit van die wyer vakgebied bevorder deur die volgende instellings toe te pas:
- Toegepaste navorsing
- Leerder-gesentreerde onderrig
- Effektiewe gemeenskapsinteraksie
Rasionaal
Die rasionaal vir die bestaan van hierdie belangegroep is om gesamentlik te reflekteer, te beplan en tot die voordeel van die vakgebied, die Departement en die Fakulteit gedurig te onderhandel.
Belangegroeplede
Dr Faaiz Gierdien (voorsitter)
| +27 21 808 2289
|
faaiz@sun.ac.za
| Wiskunde
|
Dr Marie Louise Botha | +27 21 808 2293 | lbot@sun.ac.za | Lewenswetenskap, Natuurwetenskappe en Tegnologie, Onderrig en Leer
|
Dr Nazeem Edwards | +27 21 808 2291 | nedwards@sun.ac.za | Fisiese Wetenskap, Natuurwetenskappe en Tegnologie, Onderrig en Leer
|
Dr Erna Lampen | +27 21 808 2292 | ernalampen@sun.ac.za | Wiskunde
|
Taalondersteuning vir vakterme
Die Fakulteit ondersteun jou in die gebruik van akademiese taal en vaktaal met behulp van MobiLex, ’n vakwoordeboek met betekenisse van terme wat jy in jou voorgraadse studies gebruik. Daar is ook vertalings van terme en betekenisse in Afrikaans, Engels en isiXhosa, opgestel deur dosente in die Departement Kurrikulumstudies. Laai die MobiLexapp op jou selfoon af of soek dit op jou rekenaar of tablet by http://www0.sun.ac.za/mobilex/