Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Opvoedkunde

Meer oor ons​

​​​

​​​​​​​​​​​​​​​Visie

Die Fakulteit Opvoedkunde se visie is om ondubbelsinnig erken en gerespekteer te word as ’n leidende en betrokke navorsingsgedrewe opvoedkunde fakulteit.​​

Die Fakulteit streef daarna om ’n toonaangewende rol in die onderwys te speel, plaaslik sowel as internasionaal, en is verbind tot betrokkenheid by opvoedkundige uitdagings, veral in die Suid-Afrikaanse konteks. Die Fakulteit word gekenmerk deur sy betekenisvolle navorsingsprofiel, sy fokus op onderrig binne en buite die skoolomgewing en sy interdissiplinêre benadering tot onderwys.​​

​​​ ​

Geskiedenis

Fakulteit Opvoedkunde is in 1918 gestig en was een van die eerste fakulteite by Universiteit Stellenbosch. Dit is ook die oudste fakulteit in opvoedkunde in die land.

Die fakulteit bestaan uit drie departemente, naamlik:

Hierdie interdissiplinêre lens stel ons in staat om vrae oor onderwys vanuit veelvuldige perspektiewe te benader en sodoende die vermoë van ons studente te verryk om verskillende perspektiewe en oplossings vir uitdagings te oorweeg.​

'n Aantal gerespekteerde eenhede word ook in die Fakulteit gehuisves, naamlik:

Die Sentrum vir Hoër en Volwasse Onderwys (CHAE) wat nagraadse en professionele programme in volwasse en verdere leer aanbied; en

Die Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Pedagogiek (SUNSEP). Die Sentrum fokus op Onderwyser Professionele Leer , Leerverbetering en Universiteitsvoorbereidingsprogramme.

Baie plaaslike en internasionale akademici en studente besoek die Fakulteit, en as jy nie reeds een van hulle is nie, nooi ons jou uit om by ons aan te sluit!