Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Diploma in Strategiese Menslike Hulpbronbestuur

​​​​​​​​​

​​​Oorsig van die​ program

 

Die program sal gerig wees op die strategiese bevoegdhede van MH-leiers in die lewering van besigheidswaarde in die nastrewing van die algehele besigheidsdoelwitte van organisasies. Die program is met behulp van insette deur top MH-direkteure, sakelui en denkleiers ontwerp om sodoende 'n toonaangewende benadering tot die beste praktyke vir menslike hulpbronne in ooreenstemming met die realiteite en kompleksiteite van die nuwe wêreld van werk te verseker. Die Nagraadse Diploma bied 'n ontwikkelingsgeleentheid aan gegradueerdes wat hul kwalifikasies met kernkennis en vaardighede van MH-bestuur in enige vakgebied wil uitbrei, sowel as om die strategiese toepassing van die MH-funksie in organisasies te ondersoek. Die instelling van hierdie nagraadse kwalifikasie sal ook opwaartse loopbaanmobiliteit vergemaklik vir middelbestuurders in verskillende dissiplines wat mensgerigte bestuursvaardighede verg.
 

Die program vir die Nagraadse Diploma in Strategiese MH-bestuur sal as 'n modulêre / gemengd leermetode (fisieke en aanlynleer) op die Universiteit Stellenbosch se hoofkampus aangebied word. Agt direkte kontakure per module in klasse, naamlik 8 uur per dag vir die blok van inleidende kontaktyd, word beplan (hierdie inleidende kontakblok is dus 'n week lank). Dit word gevolg deur die aanbieding van uitkomste wat aan die einde van die program bereik is. Daar sal van studente verwag word om oor aanlynkontak te beskik en om selfstandige selfstudie, opdragte en toepassing in 'n werksomgewing te onderneem. Die duur van die program is een jaar vir studente wat dit spoedig wil voltooi, of twee jaar vir studente wat meer buigsaamheid ten opsigte van hul werkslading en ander persoonlike of familieverbintenisse benodig. Inligtings- en kommunikasietegnologie-bemiddelde lesings en besprekingsgroepe sal gebruik word om die leerervaring vir studente te fasiliteer.

 

Aanbiedingsmetode

Die program word volgens 'n modulêre hibriede metode aangebied waarvolgens aanlynleer by geleentheid met aangesig-tot-aangesig-sessies gekombineer word.

 

Programinhoud:

Die unieke waardeproposisie van die program is soos volg:

  • Die program is strategies gerig om te verseker dat MH-werk tot die strategiese vlak in organisasies verhoog word deur sakestrategie effektief te bestuur;
  • Globale, opkomende markte en plaaslike MH-praktyke word vanuit die perspektief van 'n toekomstige wêreld van werk by die program geïntegreer;
  • Individuele en groep aanlynleer versnel die leer- en netwerkondervinding;
  • Alle uitkomste word in die werkplek toegepas en kulmineer in duidelike uitsette wat binne die werkplek relevant is en deur 'n paneel van kundiges aangebied en onderteken word;
  • Die inhoud en uitkomste van die verskillende modules dek wêreldwye beste praktyke in MH-bestuur, terwyl dit ook voldoen aan die nasionale MH-standaarde en -bevoegdhede van die SA Raad vir Mense-praktyke (SABPP);
  • Die program word aangebied deur kundiges op die hoogste vlak in die bedryf;
  • Geïntegreerde assessering verseker dat studente algehele vaardigheid in al agt modules verwerf.

Die program sal op vier marksegmente gerig word:

  1. MH-praktisyns wat in vordering tot  MH-bestuurders belangstel;
  2. MH-bestuurders wat daarna strewe om MH-direkteure te word;
  3. MH-direkteure wat gretig is om hul MH-kennis by te werk;
  4. Lynbestuurders en ander spesialiste wat hul mensebestuursvaardighede wil verbeter.

Die agt modules van 15 krediete elk kom op 120 krediete te staan. Die modules behels die volgende:

  1. Strategiese MH-bestuur en Etiek
  2. Strategiese MH-ontwikkeling en Afrigting
  3. Talentbestuur
  4. Indiensnemingsreg
  5. Indiensnemingsverhoudings
  6. Organisasiegedrag
  7. Vergoedingsbestuur
  8. MH-Berekening

 

Toelatingsvereistes

Die toelatingsvereiste is 'n eerste graad in enige vakgebied, maar toegang tot die internet en betrokkenheid by die bestuur van mense as deel van u werkservaring is noodsaaklik om praktiese opdragte in die werkplek te kan voltooi. Benewens u eerste graad en drie jaar werkservaring, moet u kwalifikasies en ervaring voldoen aan die Universiteit, die Fakulteit en die Departement Bedryfsielkunde se regulasies met betrekking tot erkenning van vroeëre leer (RPL). Aansoekers moet hul diensstatus en toegang tot 'n werkplek vir die praktiese komponent van die program bevestig.  Die kriteria vir keuring sluit akademiese prestasie en professionele werkervaring in. 'n Finale gemiddelde van 55% in u laaste studiejaar sal toegang  tot die finale kortlys van studente verleen.

 Aansoek en navrae

​Aansoeke is tans oop en sluit op 1 Oktober vir Internasionale Studente en 30 Oktober vir Suid Afrikaanse Studente.

Klik hier ​om Stellenbosch Universiteit se Nagraadse aansoekvorm te voltooi.

Die volgende moet die aansoek om toelating vergesel:

• 'n Gewaarmerkte afskrif van u identiteitsdokument

• Gewaarmerkte afskrifte van alle akademiese kwalifikasies en transkripsies

• Curriculum vitae

• Ondersteuningsbrief van die werkgewer wat u posisie bevestig, jare se ervaring en toegang tot die HR-inligting van die onderneming vir praktiese HR-werk


Klik hier​ vir om brosjure af te laai.

Vir meer inligting of om aansoek te doen, kontak u die programadministrateur, Me Rahkeenah Peters by indpsych@sun.ac.za / 021 808 3012



​​