Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Magister/Meesters in Menslike Hulpbronbestuur

MCom (Menslike Hulpbronbestuur)​​

Om te kwalifiseer vir oorweging vir toelating tot die vol-tesis magister in MCom (Menslike Hulpbronbestuur) program, geld die volgende kriteria:

  • U gegradueer het met ʼn erkende honneurs graad met Bedryfsielkunde as hoofvak
  • Indien u aan ʼn nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, sal u universiteit deur die Internasionale Kantoor van die Universiteit van Stellenbosch moet erken en goedgekeur word;
  • U moes met ʼn gemiddelde persentasiepunt van 65% in u Bedryfsielkunde Honneursgraad jaar gegradueer het.
  • U ʼn omvattende navorsingsvoorstel ontwikkel het wat die navorsingsaspirasies van die departement bevredig.

Vir meer inligting rondom die aansoek prosedures vir die vol-tesis opsie in MCom (Menslike Hulpbronbestuur) program, kontak Me Coreli CIllie by 021 808 3005 of cmcillie@sun.ac.za

Die Departement ontvang gewoonlik meer kwalifiserende aansoekers as wat ons op die program kan akkommodeer. Om aansoekers in rang-orde te plaas is gewoonlik onvermydelik. Rang-ordening sal op die volgende kriteria gebaseer wees:  die grootte van die gemiddelde prestasiepunt in die honneurs jaar, of ʼn persentasiepunte hoër as 65 % behaal is die honneurs jaar, en die konsekwentheid waarmee studente deurgaans akademies presteer het in Bedryfsielkunde in die honneurs graad. Die orde waarmee hierdie kriteria gelys word, reflekteer hul belangrikheid in die rangorde-stelling van applikante wat kwalifiseer vir toelating.