Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gebeure

Gebeure om die draai


13 September
Inskrywings vir Penseel 2023 sluit.
Gaan kyk na die VER[r]AS-blad vir inligting oor hoe jy kan inskryf.
​9 Oktober
​Hofmeyersaal (18:15–19:30)
R90 (aanlyn) of R120 (deur)
Boekklub: Marlene van Niekerk: Die onstuitbare
Prof Marius Crous, dr Sonja Loots, Metha-Miré Viljoen en Marius Swart praat saam oor Marlene van Nieker: Die tempteerbare oog, huldigingsbundel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Luister ook na ’n voorafopname van Marlene wat self voorlees.
(Hierdie praatjie vorm deel van die Toyota US Woordfees.)

​13 Oktober
​Die Kaya (15:30–16:30)
Gratis toegang
Departement Afrikaans en Nederlands: Een eeu
Sluit by ons aan wanneer prof Louise Viljoen, met kollegas, studente en oudstudente oor die Departement se eeufees praat.
(Hierdie praatjie vorm deel van die Toyota US Woordfees.)
23 Oktober
USAN-kongres
Laaste dag om jou abstrak van 200 na 300 woorde in te stuur. Gaan kyk na die USAN-blad vir meer inligting.
24–26 JanuarieLetteregebou, Stellenbosch
USAN-kongres
Jong navorsers van oraloor bied hulle werk in formele taalkunde, letterkunde, en toegepaste taalkunde en taalpraktyk (leksikografie, redigering, taalverwerwing, tolking en vertaling) aan.
Die tweede oproep om referate is uit!
Klik HIER om meer te wete te kom.


Ikoon Spesiale lesing.png

DJ Opperman-gedenklesing

Tweejaarlikse gedenklesing ter nagedagtenis van die akademikus, dikter en kritikus prof DJ Opperman.

Ikoon Spesiale lesing.png

Fritz Ponelis-gedenklesing

Tweejaarlikse gedenklesing ter nagedagtenis van die taalkundige prof Fritz Ponelis.
Ikoon kollokwium.png

Kollokwium

Tweejaarlikse openbare gespreksgeleentheid om dialoog en debat aan te moedig.
Ikoon Middaguurgesprek.png

Middaguurgesprekke

Gesprekke en seminare oor taal, letterkunde, taalkunde boeke en nog meer.

Ikoon Verras.png

VER[r]AS

Die Departement se studentevereniging. Hulle is altyd met iets doenig.