Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ton en Anet Vosloo Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk

Oor die Leerstoel

Ton_en-Anet_Vosloo-crop.jpg

Die Leerstoel is geskenk deur Ton en Anet Vosloo en is gevestig in die Departement Afrikaans en Nederlands. Hier
die Leerstoel bestaan uit ʼn kundigheidsentrum vir die wetenskaplike studie van vertaling, tolking en revisie/redigering. Die navorsingsfokus is die Afrikaanse taalpraktyk en sodoende help die Departement dus wesenlik om Afrikaans as wetenskapstaal uit te bou. Dit gebeur nie in isolasie binne 'n Afri​kaanse enklave nie, maar binne 'n meertalige omgewing; die Taalpraktyk aan hierdie Departement lei studente ook op in Chinees, Duits, Engels, Frans, Nederlands en Xhosa. Die volgende generasie vakkundiges in die wetenskaplike veld van die  taalpraktyk maar ook die volgende generasie taalpraktisyns word hier opgelei. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap as geheel sal baat by die vestiging en verbreding van Afrikaans se voetspoor in die Stellenbosse, nasionale en internasionale gemeenskap.


Ilse Feinauer Vosloo.jpgProf Ilse Feinauer van die Departement Afrikaans en Nederlands in die US se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is aangewys as die leerstoelprofessor.

Klik HIER​ vir haar navorsingsprofiel.​​


Ikoon Nuus.png

Ikoon Beurshouers.png

Be​urshouers

Ikoon Leerstoelverslag.png

Leerst​oelverslag





Kansellierstoekenning vir navorsing

Prof Ilse Feinauer van die Departement Afrikaans en Nederlands het Maandag 5 Desember 2022 ’n Kanselierstoekenning vir volgehoue uitnemendheid in navorsing ontvang. ’n Maksimum van 15 sulke prestige-toekennings word tydens die Desembergradeplegtighede vir navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en professionele dienste gemaak.

In haar 40 jaar as akademikus aan die US het prof Feinauer 'n uitstaande navorsingsprofiel opgebou, sowel nasionaal as internasionaal. Sy is een van die stigterslede van die African Society for Translation Studies (ATSA) en is ’n lid van die uitvoerende raad van die European Society for Translation Studies (EST). Haar betrokkenheid by internasionale organisasies en kongresse het daartoe gelei dat die EST-kongres in 2019 in Stellenbosch gehou is – die eerste keer wat dit buite Europa plaasgevind het.

Prof Feinauer bly baie aktief betrokke by plaaslike taalpraktyk en Afrikaanse taalkunde. Sy is die eerste bekleër van die Ton en Anet Vosloo Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk in die Departement Afrikaans en Nederlands en is die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.


​​