Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Visuele uitrol​

Die doel van die visuele uitrol van die elemente van Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 is om bewustheid onder US-personeel en -studente te skep. Dit word bereik deur die ontwerp, produksie en installering van visuele meganismes wat openlik op al die kampusse vertoon word. Dit behels ook die skepping en handhawing van die Universiteit se webwerf, die aanlyn g​e​reeds​kapskis  en ander inligtingshulpbronne.

Die visuele uitrol fokus op vier hoofgroepe:

  • fakulteite,
  • professionele administratiewe steundienste (PASD) en ander kampusse,
  • studente-omgewings,​​
  • institusionele ruimtes en raakpunte.

Die volgende proses is gevolg om die optimale visuele vertoonmeganismes vir elke groep hierbo te bepaal:​

email E-poskommunikasie met betrokke senior lynbestuurder om agtergrond oor die projek te gee. Dit word opgevolg deur individuele kontak met senior bestuur van departemente en fakulteite om ’n kontakpersoon vir toekomstige skakeling te identifiseer.


Site visit
Terreinbesoek om die regte grootte en plasing van installasies te bepaal.
​​


customise
Pasmaak die vertoonmeganisme volgens goedgekeurde raamwerk en verkry aftekening.


Order
Bestel visuele materiaal, bestuur die proses en installeer die ontwerpe.


​​Kontak : Carin Erasmus by ccerasmus@sun.ac.za of (021) 808-9765 ​