Institutional Forum
Welkom by Universiteit Stellenbosch

IF Verkiesing 2018

​​​​
NOMINASIES VIR US PERSONEELLEDE OM OP DIE INSTITUSIONELE FORUM TE DIEN

Die Institusionele Forum (IF) is ’n statutêre liggaam wat, ingevolge die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997), die US Raad van advies bedien oor beleidsaangeleenthede, inbegrepe die uitvoering van die Wet en die Nasionale Beleid op Hoër Onderwys. Die IF vergader ten minste vier maal per jaar waar advies aan die Raad oorweeg word.

Die Institusionele Forum bestaan uit twee-en-dertig lede, agt lede elk uit die volgende vier sektore: Beheer- en Bestuur (verteenwoordigers uit die Raad, Senaat en Bestuur); Personeel (verteenwoordigers uit die permanente nie-professorale akademiese personeel, permanente administratiewe en akademiese ondersteuningspersoneel en tegniese ondersteuningspersoneel); Studente (verteenwoordigers uit die SR, Studente-Unie, Primkomitee, Studenteverenigings en die Akademiese Belangeraad) en die Gemeenskap (verteenwoordigers uit die Konvokasie en verteenwoordigende liggame van die burgerlike samelewing).

US personeel word hiermee versoek om verteenwoordigers vir die Personeelsektor te benoem vir die termyn Januarie 2019 tot Desember 2021 in die volgende kategorieë: 

a) drie lede deur die permanente nie-professorale akademiese personeel; 
b) drie lede deur die permanente administratiewe en akademiese ondersteuningspersoneel; en
c) twee lede deur die permanente tegniese ondersteuningspersoneel. 

Getekende, skriftelike nominasies, gesekondeer deur ’n ander lid van die betrokke personeel-kategorie, aanvaar deur die genomineerde, insluitend ʼn visiestelling van nie meer as 50 woorde nie, moet die IF bereik teen 12:00 op Dinsdag 21 Augustus 2018. Die toepaslike nominasievorm kan hier verkry word. 

Die voltooide nominasievorms kan per e-pos gestuur word aan desmarie@sun.ac.za of per hand afgelewer word by Admin A2013, Ryneveldstraat, vir aandag: Desmarie Meintjies. 

Dankie vir u aandag en ondersteuning in die verband.

Sluitingsdatum: Dinsdag 21 Augustus 2018 om 12:00