Institutional Forum
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe skakel die IF in by die US

​​​Die Institusionele Forum (IF) 


Die Institusionele Forum (IF) is een van die Universiteit se 3 hoof statutêre liggame - die ander twee is onderskeidelik die Raad en die Senaat. 

Die Universiteit se IF het in Augustus 1999 tot stand gekom ter voldoening aan die voorskrifte van die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997)

Kyk na die US Statuut 2019​​​, die IF se werksprosedure​, gedragskode​ en vergaderingskedule​​​.


Die funksies en bevoegdhede van die IF word bepaal deur artikel 31(1) van die genoemde Wet: 

(a) die IF moet die Raad oor aangeleenthede rakende die Universiteit adviseer, met inbegrip van -

​(i) die implementering van die Wet en die nasionale beleid op hoër onderwys;

(ii) beleid oor ras- en geslagsregverdigheid;

(iii) die keuring van kandidate vir senior bestuursposisies;

(iv) gedragskodes, mediasie en prosedures vir dispuutoplossing; en

(v) die aanmoediging van ’n institusionele kultuur wat verdraagsaamheid en respek vir basiese menseregte bevorder en ’n geskikte omgewing vir onderrig, navorsing en studie skep; en

(b) die IF moet die werksaamhede verrig wat die Raad bepaal.