Institutional Forum
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Samestelling

​​​Die samestelling van die IF is in die US se Statuut​ soos volg uiteengesit: 


Par 29. (1) Die IF bestaan uit 23 lede uit elk van die volgende groeperinge: beheer- en bestuursektor, personeelsektor, studentesektor en gemeenskapsektor.

(2) Hierdie verteenwoordiging sien soos volg daar uit:

(a) Beheer- en bestuursektor:

(i) Een persoon uit eie geledere deur die Raad verkies;

(ii) Twee persone uit eie geledere deur die Senaat verkies;

(iii) Die Registrateur of 'n persoon deur hom of haar aangewys;

(iv) Die Senior Direkteur verantwoordelik vir gemeenskapsverhoudinge of 'n persoon deur die senior direkteur aangewys; en

(v) Die Direkteur wat verantwoordelik is vir diensbillikheid of 'n persoon deur die direkteur aangewys.

(b) Personeelsektor:

(i) Twee persone uit eie geledere deur die permanente nie-professorale akademiese personeel verkies;

(ii) Twee persone uit eie geledere deur die professionele en administratiewe steundienspersoneel verkies;

(iii) Een persoon uit eie geledere deur die tegniese ondersteuningspersoneel verkies​; en

(iv) Een persoon uit eie geledere deur die dienspersoneel op posvlakke 14 tot 19, uitgesluit professionele en administratiewe steundienspersoneel en tegniese ondersteuningspersoneel​, verkies.

(c) Studentesektor:

(i) Twee persone uit eie geledere deur die Studenteraad (SR) verkies;

(ii) Een persoon uit eie geledere​​ deur die Tygerberg SR verkies;​

(iii) Een persoon uit eie geledere​ deur die Primkomitee verkies​;

(iv) Een persoon uit eie geledere​​ deur die Studenteverenigingsraad verkies;​ en

(v) Een persoon uit eie geledere​​ deur die Akademiese Belangeraad (ABR) verkies​.

(d) Gemeenskapsektor:

(i) Een persoon uit eie geledere deur die Konvokasie verkies, wat nie 'n werknemer of student van die Universiteit is nie; en

(ii) Vier persone, wat nie werknemers van die Universiteit​ is nie, onderskeidelik aangewys deur verteenwoordigende liggame van die burgerlike samelewing, soos van tyd tot tyd deur die IF in samewerking met die Senior Direkteur verantwoordelik vir gemeenskapsverhoudinge, ​geïdentifiseer.