Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​1. Inleiding

Creative Commons (CC) lisensies maak voorsiening om die kopiereg voorwaardes wat aan kreatiewe en inhoudelike materiaal gekoppel word, te bestuur​ (Frequently Asked Questions - Creative Commons). Die variasies van kopiereg kan op ʼn glyskaal aangedui word (soos hieronder in die figuur), wat wissel van kopiereg met alle regte voorbehou tot geen regte voorbehou nie in die openbare sfeer. Hoewel daar bronne bestaan met geen regte voorbehou nie, bly dit steeds goeie praktyk om erkenning aan die bron te gee. Sodoende kan die erkenning wat aan ʼn bron van kennis verleen word en die vermyding van plagiaat aan studente modelleer.

 CC Explained.png

http://tlinnovations.populr.me/copyright


2. Verstaan die CC-lisensie

Daar is ses Creative Commons lisensies en hulle is wêreldwyd van toepassing. Aanvullend tot hierdie ses lisensies is daar ook die “geen regte voorbehou nie” opsie (CC0) wat die keuse aan ʼn kopiereghouer verleen om afstand van kopiereg- en databasisbeskerming te doen. In so geval plaas kunstenaars, wetenskaplikes, opvoedkundiges of ander skeppers van werk hulle werk ten volle in die openbare sfeer sonder enige beperkings.​ (CC0 - Creative Commons)​​

Hiermee ʼn kort beskrywing van die vier simbole wat in die lisensies gebruik word. Vir volledige beskrywings van die ses lisensieopsies, besoek gerus die​ Creative Commons webtuiste, lees die verduideliking deur Sara Hawkins wat op haar webtuisteverkrygbaar is, of kyk hierdie​ kort​ video deur Ylaluzsehacio.


BY​

​Slegs Toeskrywing (Attribution only) – Enige persoon wat die werk beskerm deur kopiereg wil gebruik, moet behoorlike toeskrywing (attribusie) daaraan verleen. Behoorlike toeskrywing sluit die naam van die skepper en enige ander bydraende partye in; ʼn kopiereg kennisgewing; ʼn lisensiekennisgewing; ʼn vrywaringskennisgewing; en ʼn skakel na die betrokke werk, in. Met hierdie lisensie is daar geen beperkings op die gebruik of verspreiding van die werk nie, mits erkenning verleen word en daar aangedui word hoe die werk gewysig is, is dit voldoende. ​

 
SA

​Deel Soortgelyk (ShareAlike) – Sodra wysigings aan die oorspronklike werk aangebring is, moet die nuwe werk onder soortgelyke voorwaardes en lisensie gedeel word. Dit impliseer dat, hoewel ander partye nie verhoed kan word om die oorspronklike werk te wysig nie, die nuwe werk presies dieselfde lisensie as die oorspronklike werk moet bevat.​

 
NC​

Nie-kommersieel (Non-Commercial) – Kommersieel word onder die CC-lisensie definieer as primêr beoog vir kommersiële voordeel of monitêre gewin. (NonCommercial interpretation - Creative Commons) Dit impliseer dat iemand nie geld mag vra vir die werk, dit mag verkoop of ʼn fooi van kliënte verhaal vir die nuwe werk nie.

 
ND​​

​Geen Afleidings (No Derivatives) – Die werk mag op geen wyse aangepas of gewysig word nie. Geen snoei aan foto, wysiging van kleur of enige wysiging op enige wyse nie. Geen aanpassings of toevoegings tot die werk nie. ​

Besoek gerus die Universiteit Stellenbosch se Biblioteek webtuiste vir meer inligting oor ooptoegangsinitiatiewe en die voordele daaraan verbonde. ​


3. Inligting oor die kopiereg op dokumente by US

Soos per kommunikasie wat gedurende Maart 2021 gestuur is, kan dosente die bekommernis rakende die wangebruik en/of verspreiding van module inhoud wat op SUNLearn gelaai is, mitigeer deur van die ​Creative Commons (CC) lisensie gebruik te maak:​

“Creative Commons licenses give everyone from individual creators to large institutions a standardized way to grant the public permission to use their creative work under copyright law. From the reuser's perspective, the presence of a Creative Commons license on a copyrighted work answers the question, “What can I do with this​ work?

(https://creativecommons.org/about/cclicenses/)


Alle inhoud van die Universiteit Stellenbosch wat onderhewig aan ʼn CC lisensie is, moet die mees beperkende lisensie bevat, nl.

CC license.png 

Voeg die onderstaande skakel, tesame met die beskrywing van die CC lisensie hierbo, tot die moduleraamwerk. Dit kan ook as etiket (label) op die SUNLearn-bladsy (volg hierdie skakel vir meer inligting oor ʼn SUNLearn etiket)​

 License_BY_NC_SA.png

(Modulenaam) te Universiteit Stellenbosch onderhewig aan die lisensie Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 International License.

Vir verdere duidelikheid kan die volgende kennisgewing ook tot die moduleraamwerk en SUNLearn bladsy gevoeg word:​

Copyright Notice/Kopiereg Kennisgewing

Material which is made available by way of an electronic database may be subject to certain licensing conditions. You may only use the material for your own private study and research at the University and not for any other purpose. Printed material is also only made available for class discussion, private study and research purposes. Further reproduction or distribution of such material is prohibited.

Materiaal wat by wyse van ʼn elektroniese databasis aan u beskikbaar gestel is, ag onderhewig wees aan bepaalde lisensievoorwaardes. U mag die materiaal slegs vir u eie private studie en navorsing aan die Universiteit gebruik en vir geen ander doeleindes hoegenaamd nie. Gedrukte materiaal word eweneens slegs vir klasbespreking, private studie en navorsingsdoeleindes beskikbaar gestel. Die verdere reproduksie of verspreiding daarvan is ontoelaatbaar.

 

Wat klasopnames betref moet studente daarvan bewus gemaak word dat alle lesingmateriaal, asook klas- en klankopnames (ongeag die platform wat gebruik is) die intellektuele eiendom van die Universiteit Stellenbosch is. Dus, enige klas- en klankopnames is onderhewig aan die kopiereglisensie en mag derhalwe nie hervervaardig of versprei word nie. Byvoorbeeld, die klasopnames kan nie op ʼn student se persoonlike YouTube kanaal gelaai en in die openbaar beskikbaar gemaak word nie. Studente kan aanspreeklik vir die oortreding van kopiereg gehou word. Studente mag ook nie ʼn dosent tydens ʼn lesing opneem of enige ander personeellid opneem sonder daardie personeellid se toestemming nie. Studente kan na die volgende Innovus-dokument verwys word indien daar enige verdere onsekerhede is: https://www.innovus.co.za/assets/files/Downloads/110324_Final_IP_Policy_(Software_Amend)_(2).pdf

Dosente word herinner om aan die DALRO en Kopieregbeleide, soos deur US bepaal, te voldoen. Kyk hierdie webinaar deur Carol Kat (Hoof: Kopiereg & Kort Kursusse: US) waartydens sy gereelde vrae oor die geldige gebruik van derdeparty toestemming in aanlyn kursusmateriaal by US, beantwoord het. Nadat hierdie webinaaropname gekyk is, behoort u ʼn beter verstaan van welke gedeelte van ʼn e-boek u met studente kan deel, te hê. U behoort ook beter te verstaan wanneer ʼn YouTube video op ʼn modulebladsy opgelaai of ingebed kan word, en hoe (en waarom) toestemming van ʼn derdeparty verkry moet word vir die verkryging van inhoud.​​