Vooroes siektebestuur bestudeer die epidemiologie en ekologie van vooroes plantpatogene en ontwikkel volhoubare en geïntegreerde siektebestuurstrategieë deur fundamentele en toegepaste navorsing.
Naoes-patologie het ten doel om siekte- en vervalbeheer in sagtevrugteprodukte te verbeter, deur die ontwerp van gepaste siektebestuurstrategieë met minder klem op fungisiedes.
Molekulêre tegnieke en tegnologieë word gebruik om plantpatogene akkuraat en kwantitatief op te spoor, om hul interaksie met plante op 'n molekulêre en/of sellulêre vlak te bestudeer, en om plantverdedigingsreaksies teen hulle te ondersoek.