





'n Tipiese Plantpatologie student!
Is lief vir die natuur, veral plante
Geniet laboratorium- en veldwerk
Oog vir besonderhede
Ondersoekend
Akkuraat, netjies
Geduldig, volhardend
Hardwerkend (seisonale werk)
Goeie kommunikasie- en skryfvermoëns
Toelatingsvereistes soos vanaf 2016
Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudie.
'n Prestasievlak van minstens 'n 4 in elk van vier skoolvakke uit die lys van universiteitstoelatingsvakke (een van hulle moet Afrikaans of Engels wees).
'n NNS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
- Skryf die Nasionale Normtoets (NNT's) volgens jou program se vereistes. Alle studente skryf die Akademiese en Kwantitatiewe geletterdheid toets (AQL). Indien jou program Wiskunde as vereiste stel, skryf jy ook die Wiskunde (MAT) toets.
- Wiskunde 5 (60%)
- Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)
Vir meer inligting rakende toelatingsvereistes, kontak:
Monika Basson
Tel: +27 (0)21 808 2978
Faks: +27(0)21 808 2001
E-pos: mh@sun.ac.za
Program
Eerste Jaar: Volg die Biologiese Wetenskappe program
(Fakulteit Natuurwetenskappe)
Tweede Jaar: Volg die Plant- en Grondwetenskappe Program
(Studievelde: Gewasproduksie / Gewasbeskerming en -Teling / Grond- en Waterbestuur) (Fakulteit AgriWetenskappe)
Derde en Vierde Jaar: Kies Plantpatologie as hoofvak:
Modules
Gewasbeskerming 152 - Inleiding tot gewasbeskerming en verbetering
Inleiding
tot die dissipline van planteteling, plantpatologie, entomologie, nematologie
en onkruidwetenskap. Gevallestudies van peste, siektes en onkruide van plante
wat wêreld-geskiedenis en voedselsekuriteit beïnvloed het. Die basiese
beginsels van plantverbetering wat gebruik word vir pes- en siektebestuur.
Gewasbeskerming 244 - Inleidende
Plantpatologie en Entomologie
Die aard en oorsaak van plantsiektes, die impak van patogene en peste op landbou, die biologie van belangrike patogene en peste, faktore wat siekte-ontwikkeling beïnvloed, diagnose van plantsiektes en beginsels van plantsiektebeheer.
Buigsame assessering
Plantpatologie 314 - Plantsiekte-bestuur
Die
onderliggende beginsels en metodes wat vir plantsiektebeheer vanaf
voor-plant tot na-oes gebruik word. Dit sluit die rol van
plantkwarantyn, siekte-sertifisering en verbouingspraktyke op
siekte-ontwikkeling, en op die epidemiologiese oorwegings vir
plantsiekte-voorspelling en siektebepaling, in. Klem word gelê op
plantsiekteweerstand, en chemiese en biologiese beheer, óf as primêre
beheerstrategieë óf as komponente van 'n geïntegreerde
siektebeheerprogram, ten einde effektiewe en volhoubare beskerming teen
'n diverse reeks van patogene te verseker.
Plantpatologie 344 - Plantsiekte-dinamika
Komponente van plantsiektes, soos die plantpatogene wat hulle veroorsaak, die gasheerfaktore wat hulle ontwikkeling beïnvloed en die omgewingstoestande wat hulle bevorder. Siektes van nasionale en internasionale belang en die skade wat hulle aan die wêreld se voedselproduksie veroorsaak het. Die dinamika van patogene wat met saad en kwekeryplante geassosieer word, asook dié wat grondgedraagde siektes, blaar- en vrugsiektes voor-oes, en verval en skade na-oes veroorsaak.
Plantpatologie 414 - Taksonomie en
biologie van plantpatogene
Morfologie, taksonomie en biologie van plantpatogeniese swamme, oomycetes, bakterieë, mollicutes (spiroplasmas en fitoplasmas) en virusse. Praktika sluit mikroskopiesekultuurmorfologie en fisiologiese en biochemiese metodes in wat gebruik word vir die identifikasie van die hoofgroepe van plantpatogeniese swamme, oomycetes en bakterieë.
S Plantpatologie 314, 344
Plantpatologie 444 - Plant-mikrobe-interaksies
Die dinamiese interaksie tussen plante en mikroörganismes, beide nadelig en voordelig. Aspekte met betrekking tot swamdiversiteit, genetika en genomika, en die rol van mikrobiesepatogenisiteitsfaktore en sekondêre metaboliete in plantsiekte-ontwikkeling. Die plant se verdedigingsmeganismes en vermoë om patogeen-aanvalle te herken en daarop te reageer. Versterking van siekteweerstand in plante teen patogene en die ontwikkeling van nuwe siektebeheerstrategieë. Metodes wat gebruik word vir geen-ontdekking en funksionele geen-analises in plante en patogene, en konsepte soos transformasie en geen-manipulasie.
S Plantpatologie 314, 344
Plantpatologie 478 - Gevorderde
plantpatologie
Velduitstappies om siektes te bestudeer, veldtoestande te bepaal en plantpatogene te versamel wat gedurende laboratoriumsessies geïdentifiseer sal word. Formulering van siektebestuurstrategieë. Relevante en huidige eksperimentele benaderings en metodes van analise wat in plantpatologie gebruik word. Relevante onderwerpe in plantpatologie met betrekking tot voedselsekuriteit en klimaatsveranderinge. Oefeninge in projekbeplanning en -uitvoering word onder leiding gedoen.
Buigsame assessering
S Plantpatologie 314, 344
Loopbaangeleenthede in Plantpatologie!
Navorser (bv. LNR, Departement Landbou, CRI, Experico)
Akademies (Universiteite)
Konsultant (bv. Hygrotech, Merck, Kapa Biosystems, privaat)
Tegnikus (bv. Hygrotech,
Merck, Kapa Biosystems, privaat)
Agri-besighede (bv.
Hygrotech)
Agri-chemiese maatskappye (bv. Bayer, Du Pont, Philagro,
BASF)
Diagnostiese Klinieke (bv. US Siektekliniek, Nemlab,
privaat)
Vaardighede om in verwante velde te werk (Botanie, Mikrobiologie, Hortologie)
Bekendes vanuit die departement!
Prof PW Crous (Direkteur van die Centraalbureau voor
Schimmelcultures in Utrecht, Nederland)
BSc
Bosbou (1985), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
MScAgric
(cum laude) (1988), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
PhD(Agric) (1992), University van die Oranje Vrystaat,
Bloemfontein, Suid-Afrika
Prof MJ Wingfield (Direkteur van die "Forestry and Agricultural
Biotechnology Institute" (FABI), Fakulteit Biologiese en Landbou Wetenskappe, Universiteit Pretoria, Suid-Afrika)
BSc (1976), Universiteit van Natal, KwaZulu Natal, Suid-Afrika
BScHons
(1977), Universiteit van Natal, KwaZulu Natal, Suid-Afrika
MSc (cum
laude) (1979), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
PhD (Plantpatologie en Entomologie) (1983), Universiteit van Minnesota, V.S.A.