Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Institusionele Transformasiekomitee

​​​​​​​​​​​​​202.png


Funksies van die ITK

  • Die ITK moet voldoening aan die eise om transformasie wat Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 (VSR) stel, bevorder, asook die fakulteite en verantwoordelikheidsentrums se sakeplanne, wat op die VSR geskoei is. 
  • Die ITK neem deel aan die opstel en gereelde hersiening van die Universiteit se Transformasieplan (TP).
  • Die ITK verseker dat die TP 'n toeganklike en insiggewende dokument is wat transformasieprosesse aan die Universiteit in die vooruitsig stel, rig, stuur, koördineer, bevorder, fasiliteer en bemagtig; en dat die TP die ontwikkeling van assesseringskriteria vir vordering met transformasie ondersteun.
  • Die ITK help om sleutelprestasie-areas en strategiesebestuursaanwysers oor transformasie te ontwikkel.
  • Die ITK moniteer en doen verslag oor vordering in verband met die US se transformasieteikens.
  • Die ITK doen intervensies aan die hand vir vordering met eise om transformasie.
  • Die ITK vervul 'n raadgewende rol oor transformasiekwessies vir die RBS, die Transformasiekantoor, die Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, en die Viserektor: SIPT.
  • Die ITK vergader minstens vier keer per jaar.
  • Die ITK doen minstens twee keer per jaar aan die RBS verslag.

Lees meer oor die ITK in die Transformasieplan hier​​