Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Siyakhula Live

​​​Siyakhula_Banner.png

Siyakhula Live is 'n bekroonde radioprogram. Dit is 'n belangrike manier waardeur Siyakhula die gemeenskap buite die onmiddellike universiteitsomgewing bereik en die Universiteit by die omgewing laat inskakel. Die program het 'n belangrike deel van die Siyakhula-portefeulje en visie geword aangesien dit die krag van radio gebruik om betekenisvolle dialoog te verseker, perspektiewe te verander, en betrokkenheid en toewyding te bewerkstellig rondom kwessies wat die Universiteit Stellenbosch beïnvloed, asook dié wat van nasionale belang is.

Die program word sentraal op die ontwerp van die Imbizo 365 Calendar of Engagement-temas gebaseer, wat 'n sinergistiese institusionele betrokkenheid verseker. Sedert die ontstaan van die program in 2020 neem sleuteldenkers, akademici, en sosialegeregtigheid‑ en gemeenskapsontwikkelingspraktisyns aan die program deel en dra insig en perspektief by tot 'n veranderende samelewing wat in sosiale geregtigheid en respek vir menslike diversiteit en waardigheid gegrond is.​

​​​