Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​Werknemerondersteuningsprogram (WOP)​

Inhoud​

Die Universiteitsbestuur het besluit om die kernbedrywighede van leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie met ʼn paar sentrale temas van die Verenigde Nasies se millenniumontwikkelingsdoelwitte te versoen. Een van dié doelwitte lui soos volg:​​

"Die bevordering van fisieke en sielkundige welwees, en die herstel van menswaardigheid."​

Deur die Welwees​program sal die Afdeling Menslike Hulpbronne dus ʼn omgewing daarstel wat doeltreffende en doelmatige dienslewering ondersteun, terwyl dit ook so ver redelik moontlik werknemers se persoonlike omstandighede in ag neem, wat gestremdheid, MIV en vigs, en ander gesondheidskwessies insluit, deur die konsep van ‘welwees​’ te vestig en te bevorder.

Die US erken en bevestig voorts dat menslike kapitaal die belangrikste hulpbron in die instelling is, en dat enige verlies aan menslike hulpbronne onafwendbaar tot ʼn verlies aan produktiwiteit en dienslewering lei.

Die US aanvaar dat probleme (sosiaal, emosioneel, persoonlik of werksverwant) werksprestasie kan benadeel, en dat die werkgewer verplig is om die nodige bystand te verleen en ook programme te voorsien wat werknemers se algemene gesondheid en welwees bevorder.​
​​​​

​​ ​
EAP.png ​​​​​​​​​​​​Werknemerondersteuningsprogram Informasie 


Lees die volgende dokumente vir meer inligting oor wat beskikbaar is vir personeel​:

​ Werknemerondersteuningsprogram​

  Finasiële Gesondheid

  ​Gesondheid: Die beskerming van u kind teen brandwonde.​​

 

​COVID-19 Ondersteuning​​​

Baie van ons verlang terug na die dae toe die kampus 'n miernes van bedrywighede was en ons van aangesig tot aangesig met kollegas en studente kon omgaan. Die pandemie het ons van ons sosiale bande ontneem én van al die verskillende kontakruimtes – sowel binne as buite – waaraan ons gewoond was.

Die “nuwe normaal" vereis enorme gedragsveranderinge, en aanpassing by nuwe leef- en werkswyses. Werknemerwelwees weet dit is 'n moeilike en onseker tyd, en dat personeellede afstandswerk, ouerskap, tuisskoling [H1] en nog vele meer tegelyk moet hanteer. Daarom moedig ons alle personeel aan om tyd te maak om na hulleself om te sien.

Werknemerwelwees sal voortgaan om WBP-dienste te lewer en inligting en opleiding oor welweesverwante kwessies te voorsien. 

​Vir meer inligting rakende Covid-​​19 besoek​ - www.sacoronavirus.co.za​​

Kontakbesonderhede