Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

WH van Zyl

​Hoof-navorsingstema:  Swam biotegnologie vir bio-energie en die bio-ekonomie
Groepleier: Prof. Emile van Zyl
NRF gradering: B1

Kontakbesonderhede:
Kantoor: JC Smuts Gebou A306
Tel.: +27 21 808 5854
Faks:+27 21 808 5846
Epos: whvz@sun.ac.za
​Skakels:


​​

Navorsingsoorsig

Die laboratorium van Prof van Zyl is goed in die mikrobiologie en biochemie van plant afbrekende ensieme gevestig. Hy is 'n navorsingsleier in Suid-Afrika met beduidende internasionale erkenning in die rekombinante produksie van hierdie ensieme in bakkersgis vir biobrandstofproduksie van totale plantbiomassa, asook gebruik van die filamentagtige swam (Aspergillus niger) in voedsel- en voernywerhede. Prof van Zyl het gevestigde samewerking met navorsers in Europa en die VSA, veral op die gebied van omskakeling van biomassa na bioetanol, en hy het 'n paar gesamentlike internasionale patente in hierdie velde.

In 2007 word die Senior Leerstoel in Energienavorsing in Biobrandstowwe (en ander skoon alternatiewe brandstowwe) aan Prof. van Zyl toegeken. Dié leerstoel word tans deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) as 'n vlak een SARChI leerstoel ondersteun.  In hierdie hoedanigheid is hy aan die stuur van 'n groot navorsingsprogram vir die ontwikkeling van gevorderde tweede-generasie tegnologieë vir die omskakeling van die totale plantbiomassa na biobrandstof en om die groter bio-ekonomie te dien. Die Leerstoel in Energienavorsing fokus op (i) die ontwikkeling van mensekapitaal met 'n sterk wetenskaplike en ingenieurswese opleiding, (i) die wisselwerking met Suid-Afrikaanse kundiges uit die nywerheid, besighede en nie-regeringsorganisasies, en (iii) probeer om op hoogte te bly met die nuutste tegnologie en navorsing deur middel van uitgebreide internasionale samewerkingsnetwerke.

Prof van Zyl se groep het verskeie patente in die middel 2000's gegenereer met navorsing wat vir Mascoma Corporation (http://www.lallemand.com/) in New Hampshire, VSA vir die kommersialisering van sellulosiese giste vir bio-etanolproduksie gedoen is. Mascoma Corporation het daarna sy gis tegnologie aan die Kanadese maatskappy Lallemand Bpk verkoop.


Hoof projekte
 

  1. Evaluering van natuurlike giste (Saccharomyces cerevisiae-stamme) vir hul potensiaal in tweede generasie bio-produksie.
  2. Ontwikkeling van CPB-giste vir roustysel- en sellulose-omskakeling na biobrandstowwe
  3. Ontwikkeling van 'n karbosilaat platform vir die produksie van groen chemikalieë deur rumen mikrobiese kulture
  4. Ontwikkeling van ensiemproduserende swam selfabrieke vir lignienomskakeling na groen chemikalieë