Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bloom Lab

Hoof-navorsingstema:  Mikrobiese hidrolise van stysel vir biobrandstofproduksie
Groepleier: Prof. Marinda Viljoen-Bloom
NRF gradering: C

Kontakbesonderhede:
Kantoor: JC Smuts Gebou A353
Tel.: +27 21 808 5859
Faks:+27 21 808 5846
Epos: mv4@sun.ac.za
​Skakels:
Senior Leerstoel in Energienavorsing in Biobrandstowwe






Sien Publikasies

Navorsingsoorsig

Prof. Viljoen-Bloom se navorsingsprogram fokus op die biologiese verwerking van plantmateriaal om waarde tot verskeie landbouprodukte toe te voeg. In samewerking met prof. Emile van Zyl, word mikrobiese ensieme vir die hidrolise van plaaslike voerstowwe vir die produksie van bio-etanol geëvalueer. Haar groep, met ondersteuning van Dr. Shaunita Rose, ondersoek die hidrolise van stysel met behulp van geneties-gemodifiseerde amilolitiese gisrasse. Stysel is een van die volopste organiese polisakkariede beskikbaar vir die produksie van bio-etanol as 'n alternatiewe vervoerbrandstof. Koste-effektiewe benutting van stysel vereis gekonsolideerde bioprosessering (CBP) waar 'n enkele mikroorganisme die vereiste ensieme vir styselhidrolise kan produseer, en ook die glukose monomere na etanol omskep. Die gis Saccharomyces cerevisiae is bekend vir sy hoë fermentasiekapasiteit, hoë etanolopbrengs en hoë etanolweerstand, maar dit is nie in staat om stysel of dekstriene te hidroliseer nie. Genetiese ingenieurswese kan vir die konstruksie van rekombinante S. cerevisiae stamme gebruik word wat amilolitiese ensieme uitdruk en toelaat dat hierdie stamme rou stysel vir bio-etanolproduksie hidroliseer.

Hoof projekte
  1. Rekombinante uitdrukking van verskillende alfa- en gluko-amilases om die beste kombinasie vir optimale hidrolise van rou stysel te identifiseer
  2. Evalueer die impak van verskillende uitskeidingseine op die rekombinante uitdrukking van gluko-amilases
  3. Evalueer uitdrukking van α-amilases onder die beheer van verskillende promotors in S. cerevisiae